Spesifieke uittreevlakuitkomste
Insameling en verwerking van data, hetsy elektronies of andersins.
Die aanwending van basiese beplanningskennis en -tegnieke in die identifisering en oplossing van beplanningsprobleme.
Oor kennis en vaardighede beskik om volhoubare ontwikkeling in die stedelike en landelike omgewing te bewerkstellig.
Die beplanning, implementering en bestuur van beplanningsprojekte as deel van 'n multi-dissiplinere span.
Beplande leeruitkomste
Na die voltooiing van die graad moet die leerder kan demonstreer dat hy/sy die volgende uitkomste bereik het:
1. Kennis:
Die leerder moet parate kennis he en oor die vermoe beskik om kennis in te win aangaande die volgende:
Die faktore wat die tot standkoming en verspreiding van dorpe en stede bepaal.
Die vormgewende elemente van stedelike morofologie.
Die onderlinge afhanklikheid van die samestellende onderdele van dorpe en stede.
Beskouings oor die streekbegrip en verskillende verbandhoudende dissiplines.
Bevolkingsmigrasieprosesse in die ontwikkelde en ontwikkelende wereld
Die verskillende vorme van stedelike verval en riglyne vir stedelike vernuwing
Die rol van etiek in die beplanningsberoep om etiese optrede by die leerder-beplanner in te skerp.
Die ontwerp en uitleg van fisiese ingenieursdienste in stedelike gebiede.
Stedelike ontwerpbeginsels.
Projekbestuur in die beplanningspraktyk.
Die oopstel van praktiese opnames en die interpretasie daarvan
Verkeersbeplanningsbeginsels binne die stedelike omgewing en die toepassing daarvan om n veilige en doeltreffende vervoerstelsel daar te stel.
Beginsels in die beplanning van handelsgebiede in stede en dorpe om in die behoeftes van die hele gemeenskap te voorsien.
Beginsels in die beplanning van nywerheidsgebiede in stede en dorpe om n veilige en doeltreffende nywerheidsontwikkeling daar te stel.
Formulering en evaluering van geintegreerde ontwikkelinsplanne van stedelike en landelike gebiede.
Bestaande behuisingsbeleid en wetgewing en behuisingsvorme.
Openbare bestuur en administrasie vir beplanners.
Die inisiering, implementering, bestuur en evaluering van plaaslike ekonomiese regenerasie en werkskeppingsprogramme.
Die toepassing van omgewingsbeplanning en toepaslike wetgewing om n volhoubare natuurlike, sosiale en ekonomiese omgewing daar te stel.
Beplanningswetgewing waarvolgens alle beplanning moet plaasvind.
Statistiese metodes in die beplanningsberoep
2. Vaardighede en bevoegdhede
By die suksesvolle voltooing van die kwalifikasie sal die leerder oor die volgende vaardighede en bevoegdhede beskik:
Die aanwending van basiese beplanningskennis en -tegnieke in die identifisering en oplossing van beplanningsprobleme
Kennis en vaardighede om volhoubare ontwikkeling in die stedelike en landelike omgewing te bewerkstellig.
Syfermatige verwerking van data en rekenaarvaardighede ten opsigte van gepaste sagteware.
Die insameling van data, hetsy elektronies of andersins.
Die voorsiening van grondgebruik/ ontwikkeling wat sal voldoen aan die behoeftes van die bevolking, bestaande standaarde en wetgewing en etiese kodes van die beroep.
Die beplanning en bestuur van beplanningsprojekte: fokus op belangrike aspekte en hantering van beperkings.
Evaluering van alternatiewe planne en keuse van logiese oplossings.
Om as lid van n multi-dissiplinere span te funksioneer en as leier op te tree
Om kennis selfstandig te verwerf, beheer, toe te pas, analiseer, integreer en gefundeerd te evalueer.
Om doelmatige navorsingstegnieke te gebruik vir die beplanning en implementering van beplanningsprojekte.
Om opebare deelname in die beplanningsproses te fasiliteer.
Kennis wetenskaplik kan kommunikeer - die leerder moet dus oor praat, skryf, redeneer en rekenaarvaardighede beskik.
Beplanningsverslae logies en sistematies kan voorberei en aanbied.
Geintegreerde beplanning kan toepas.
Kreatief kan dink
As intrepreneur kan optree.
Die beginsels van noodsaaklikheid en wenslikheid in die beplanningsproses effektief kan implementeer
3. Waardes
Respek vir die medemens, die skepping en gesag
Nastreef van uitnemendheid
Toewyding en integriteit
Verantwoordelikheid en betroubaarheid
Noukeurigheid en deeglikheid
Stiptelikheid
Bewustheid van die belang van deelname as verantwoordelike landsburger aan die lewe van die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap.
Bewustheid van die belang van kulturele en estetiese sensitiwiteit van sosiale verbande en die moontlikhede en beperkings van die samelewing. |