SAQA All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.
SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY 
REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: 

Bachelor of Engineering 
SAQA QUAL ID QUALIFICATION TITLE
72780  Bachelor of Engineering 
ORIGINATOR
North West University 
PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY NQF SUB-FRAMEWORK
CHE - Council on Higher Education  HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework 
QUALIFICATION TYPE FIELD SUBFIELD
National First Degree  Field 06 - Manufacturing, Engineering and Technology  Engineering and Related Design 
ABET BAND MINIMUM CREDITS PRE-2009 NQF LEVEL NQF LEVEL QUAL CLASS
Undefined  660  Level 7  NQF Level 08  Regular-Provider-ELOAC 
REGISTRATION STATUS SAQA DECISION NUMBER REGISTRATION START DATE REGISTRATION END DATE
Passed the End Date -
Status was "Reregistered" 
EXCO 0417/23  2018-07-01  2018-12-31 
LAST DATE FOR ENROLMENT LAST DATE FOR ACHIEVEMENT
2019-12-31   2024-12-31  

In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise.  

This qualification replaces: 
Qual ID Qualification Title Pre-2009 NQF Level NQF Level Min Credits Replacement Status
16845  Bachelor of Engineering  Level 7  Level TBA: Pre-2009 was L7  660  Complete 

PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION 
Die doel van die kwalifikasie is eerstens om gekwalifiseerdes met graadvlak kennis, spesifieke vaardighede en toegepaste bevoegdhede toe te rus wat geleenthede vir voortdurende persoonlike intellektuele groei, winsgewende ekonomiese aktiwiteit en waardetoevoegende bydraes tot die gemeenskap bied.

Tweedens, is die doel van die program om Suid-Afrika van beduidende getalle gegradueerde ingenieurs te voorsien wat sal bydra tot die versterking van ons leierskapsbasis ten opsigte van innoverende en kennis gebaseerde tegnologiese en ekonomiese aktiwiteite.

Die volgende bane word binne die B.Ing. program aangebied:
  • Chemiese Ingenieurswese
  • Chemiese ingenieruswese met spesialisering in Mineraalprosessering
  • Elektriese en Elektroniese ingenierswese
  • Rekenaaringenieurswese
  • Meganiese ingenieurswese
  • Meganiese ingenieurswese met spesialisering in Materiale. 

  • LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING 
    1. Toelatingsvereistes:

    1.1 Voornemende studente sonder naskoolse opleiding

    Niemand word vir studie tot die B.Ing-graad toegelaat nie, tensy hy/sy:

    a. Volle matriekvrystelling verwerf het;
    b. In Wiskunde geslaag het met ten minste 50% (D-simbool) op die hoer graad;
    c. In Natuur- en Skeikunde geslaag het met ten minste 50% (D-simbool) op die hoer graad; en
    d. 'n P-telling van 20 behaal.

    Die berekening van die P-telling vir ingenieurswese word aan die hand van die volgende tabel gedoen:

    Simbole Hoergraad Standaardgraad
    A-simbool (80% en meer) 5 4
    B-simbool (70% tot 79%) 4 3
    C-simbool (60% tot 69%) 3 2
    D-simbool (50% tot 59%) 2 1
    E-simbool (40% tot 49%) 1 0

    'n Maksimum van 6 vakke word gebruik om die P-telling te bereken. Vir die berekening moet twee tale, Wiskunde en Natuur / Skeikunde deel van die berekening wees. Wiskunde se telling word verdubbel.

    1.2 Studente wat nie aan die voorwaardes hierbo voldoen nie maar wat wel oor naskoolse kwalifikasies beskik.

    a. 'n Student wat aan 'n technikon of tegniese kollege studeer het en nie aan b, c en d onder 4.1.1 voldoen nie, kan tot die eerste studiejaar van hierdie graad toegelaat word, indien hy/sy drie vakke op N4-vlak met ten minste 60% geslaag het of drie vakke op N5-vlak geslaag het. In beide gevalle moet een van die vakke Wiskunde wees. Studente wat Chemiese Ingenieurswese of Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in Mineraal-prosessering wil neem, moes Chemie op N4-vlak met ten minste 60% en Chemie op N5-vlak geslaag het.

    b. 'n Student wat aan 'n technikon of tegniese kollege studeer het en nie matriekvrystelling het of aan b en d onder 4.1 voldoen nie, kan moontlik kwalifiseer vir matriekvrystelling indien hy/sy vier vakke op N5-vlak geslaag het. Een van die vier vakke moet Wiskunde wees. Studente wat Chemiese Ingenieurswese of Chemiese Ingenieurswese met spesialisering in Mineraal-prosessering wil neem, moes ook Chemie op N5-vlak geslaag het.

    c. 'n Student wat voorheen aan UNISA studeer het kan tot die eerste jaar toegelaat word mits hy/sy aan 4.1. (a) voldoen (dus volle matriekvrystelling het) en die volgende UNISA-modules geslaag het:

    Kode Kursus
    CHE101, CHE 102 Chemie
    PHY105 (of PHY101), PHY 106 (of PHY102) Fisika
    MAT 111, MAT 101 Wiskunde 

    RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? 

    EXIT LEVEL OUTCOMES 
    Kritieke Uitkomste:

    Die volgende kritieke leeruitkomste (soos uiteengesit hieronder) is deur die PU vir CHO aanvaar. Dit vervat ook die kritieke leeruitkomste soos voorgeskryf deur die SAKO regulasies. Hierdie kritieke uitkomste word verdiskonteer met die bereiking van die spesifieke uitkomste.

    1. Wetenskaplike kennis en insig wat strek oor een of meer vakgebiede

    1.1 Feitekennis maar veral ook kennis van en insig in begrippe, strukture, prosedures, modelle, teoriee, beginsels, navorsingsmetodes en die plek en grense van die wetenskap in die menslike lewe.

    1.2 Benewens vakkennis ook insig in die ensiklopedie en samehang van die wetenskap deur onder andere in te sien dat probleemoplossing nie in isolasie bestaan nie.

    2. Vaardighede en bevoegdhede

    Die afgestudeerde moet:

    2.1 Krities en kreatief probleme kan identifiseer en oplos

    2.2 As entrepreneur kan begin optree

    2.3 In groepe kan funksioneer en as leier kan optree

    2.4 Effektiewe en verantwoordelike selfbestuur kan toepas

    2.5 Kennis selfstandig kan verwerf, beheers, toepas, analiseer, integreer en gefundeerd evalueer

    2.6 Kennis wetenskaplik kan kommunikeer in verskillende media. Die student moet dus oor luister- lees-, praat-, skryf-, redeneer- en rekenaarvaardighede beskik.

    2.7 Wetenskap en tegnologie doelmatig en doeltreffend kan gebruik met verantwoordelikheid teenoor die omgewing, eie gesondheid en gesondheid van ander mense

    2.8 'n Doeltreffende leerder wees wat die noodsaaklikheid van lewenslange leer besef

    2.9 Noukeurig en stip wees

    2.10 'n Eie denkraamwerk kan verwoord en verantwoord met verwysing na die Christelike en ander lewensbeskouings.

    3. Waardes

    3.1 Respek vir die medemens, die skepping en gesag

    3.2 Prinsipieel dink wat ook manifesteer in gefundeerde aanpasbaarheid

    3.3 Nastreef van uitnemendheid

    3.4 Toewyding en integriteit

    4. Bewustheid van die belang van

    4.1 Deelname as verantwoordelike landsburger aan die lewe van die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap.

    4.2 Kulturele en estetiese sensitiwiteit oor 'n verskeidenheid van sosiale verbande en die moontlikhede en beperkings van 'n plurale samelewing.

    Uittreevlak uitkomste

    1. Ingenieursprobleemoplossing

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om konvergerende en divergerende ingenieurs-probleme te kan identifiseer, te assesseer, te formuleer en innoverend op te los.

    2. Toepassing van fundamentele en spesialis-kennis

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om kennis van wiskunde, basiese wetenskappe en ingenieurs-wetenskappe vanuit eerste beginsels te kan toepas om ingenieursprobleme op te los. Dit behels die volgende:

    a. Pas kennis van wiskunde, numeriese metodes en statistiese metodes toe om ingenieursprobleme op te los deur toepaslike kombinasie van:

    i. Formele analise en modellering van ingenieurskomponente, stelsels en prosesse.
    ii. Kommunikeer konsepte, idees en teorie met behulp van wiskunde.
    iii. Beredenering met betrekking tot en konseptualisering van ingenieurs-komponente, stelsels en prosesse deur gebruik te maak van wiskundige konsepte.
    iv. Aanspreek van onsekerheid en risiko deur gebruik te maak van waarskynlikhede en statistiek.

    b. Gebruikmaking van fisiese wette en kennis van die fisiese wereld as basis van die ingenieurswetenskappe in die oplos van ingenieursprobleme deur 'n toepaslike kombinasie van;

    i. Formele analise en modellering van ingenieurskomponente, stelsels en prosesse deur gebruik te maak van beginsels en kennis in die basiese wetenskappe.

    ii. Beredenering met betrekking tot en konseptualisering van ingenieurs-komponente, stelsels en prosesse deur gebruik te maak van beginsels in die basiese wetenskappe.

    c. Gebruikmaking van die tegnieke, beginsels en wette van die ingenieurs-wetenskappe op 'n fundamentele vlak, en in ten minste een spesialisasieveld, om:

    i. Laterale ingenieursprobleme te kan identifiseer en op te los.

    ii. Ingenieurstoepassings te kan identifiseer en aanpak.

    iii. Oor grense van ingenieursdissiplines deur inter-dissiplinere geletterdheid en gemeenskaplike fundamentele kennis te kan werk.

    3. Ingenieursontwerp en sintese

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om kreatiewe, prosedurele en nie-prosedurele ontwerp en sintese van komponente, stelsels, produkte en prosesse te kan onderneem. Dit behels die volgende:

    a. Identifiseer en formuleer die ontwerpprobleem ten einde die behoefte van die gebruiker te bevredig binne die raamwerk van toepaslike standaarde, praktykskodes en wetgewing.

    b. Beplanning en bestuur van die ontwerpsproses: fokus op belangrike kwessies, herken en hanteer beperkings.

    c. Inwin en evalueer die nodige kennis, inligting en hulpbronne: pas die korrekte beginsels toe, evalueer en gebruik ontwerpgereedskap.

    d. Uitvoering van ontwerptake insluitende: analise, kwantitatiewe modellering en optimering.

    e. Evalueer alternatiewe en die voorkeur oplossing: oefen oordeel uit, toets implementeerbaarheid en doen tegno-ekonomiese analise.

    f. Assesseer die impak en voordele van die ontwerp; sosiaal, regsimplikasies, gesondheid, veiligheid en omgewing.

    g. Kommunikeer die ontwerpslogika en informasie.

    4. Ondersoek eksperimente en data-analise

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om:

    a. Navorsingsmetodes te kan toepas.

    b. Eksperimente te kan beplan en uit te voer deur gebruikmaking van toepaslike toerusting.

    c. Data te kan analiseer, te interpreteer en inligting uit die data te kan aflei.

    5. Ingenieursmetodes, vaardighede, gereedskap en informasietegnologie

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om:

    a. Toepaslike ingenieursmetodes, vaardighede en gereedskapstukke te kan gebruik en die resultate wat dit lewer te kan assesseer.

    b. Rekenaarpakette te kan gebruik vir berekening, modellering, simulasie en informasiehantering. Dit behels:

    i. assessering van die toepaslikheid en beperkings van die pakket;

    ii. behoorlike toepassing en bedryf van die pakket;

    iii. kritiese toetsing en assessering van die resultate wat deur die pakket gelwer word.

    c. Rekenaars, netwerke en informasiestelsels te kan gebruik vir die assessering, prosessering, bestuur en berging van inligting ten einde persoonlike produktiwiteit en spanwerk te bevorder.

    d. Rekenaartoepassings soos benodig in die verskillende ingenieurs-dissipline te kan ontwikkel.

    e. Basiese tegnieke en kennis op die gebiede van ekonomie, besigheids-bestuur, gesondheid, veiligheid en omgewingsbewaring in die ingenieurs-praktyk kan laat geld.

    6. Professionele en algemene kommunikasie

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om:

    a. Beide mondeling en skriftelik effektief te kan kommunikeer met ingenieursgehore en die gemeenskap in die bree deur gebruik te maak van toepaslike struktuur, styl en grafiese ondersteuning.

    b. Metodes van inligtingsverskaffing aan andere wat by ingenieurs-aktiwiteite betrokke is, te kan gebruik.

    7. Impak van ingenieurs-aktiwiteite op die gemeenskap en omgewing

    Die B.Ing. graduatus is krities bewus van:

    a. Die impak van ingenieurs-aktiwiteite op die gemeenskap en omgewing;

    b. Die behoefte om die volgende aspekte te oorweeg tydens ingenieurs-analise en -ontwerp:

    i. Die impak van tegnologie op die gemeenskap;

    ii. Die persoonlike, sosiale, kulturele waardes en vereistes van diegene wat geraak word deur ingenieurs-aktiwiteite.

    8. Spanwerk en multidissiplinere samewerking

    Die B.Ing. graduatus is bevoeg om effektief as individu en as deel van 'n span binne 'n multi-dissiplinere omgewing te kan werk, leiding te kan gee en kritieke take kan verrig.

    9. Lewenslange leer

    Die B.Ing. graduatus verstaan die belangrikheid daarvan om sy/haar bevoegdheid deurlopend te onderhou en op hoogte te bly met die nuutste gereedskapstukke en tegnieke en is bevoeg om betrokke te raak by lewenslange lees deur goed ontwikkelde leervaardighede.

    10. Professionele etiek en praktyk

    Die B.Ing. graduatus is krities bewus van die nodigheid om altyd professioneel en eties korrek op te tree en verantwoordelikheid binne sy/haar beperkings en bevoegdhede te aanvaar en is bevoeg om goeie oordeel ooreenkomstig kennis en ondervinding te kan uitoefen. 

    ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA 
    1. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met selfwerkopdragte bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om konvergerende en divergerende ingenieursprobleme te kan identifiseer, te kan assesseer, te kan formuleer en innoverend te kan oplos.

    2. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamen-vraestel asook met selfwerkopdragte bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om kennis van wiskunde, basiese wetenskappe en ingenieurs-wetenskappe vanuit eerste beginsels te kan toepas om ingenieursprobleme op te los.

    3. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met selfwerkopdragte, ontwerpverslae en die finale jaar ontwerpverslag bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om kreatiewe, prosedurele en nie-prosedurele ontwerp en sintese van komponente, stelsels, produkte en prosesse te kan onderneem.

    4. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met praktikumopdragte en die finalejaar projekverslag bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om:
  • Navorsingsmetodes te kan toepas.
  • Eksperimente te kan beplan en uit te voer deur gebruikmaking van toepaslike toerusting.
  • Data te kan analiseer, te interpreter en inligting uit die data te kan aflei.

    5. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestelle asook met selfwerkopdragte, praktimum-opdragte, ontwerpopdragte en die finalejaar projekverslag bewys kan lewer dat hy/sy bevoeg is om:
  • Toepaslike ingenieursmetodes, vaardighede en gereedskapstukke te kan gebruik en die resultate wat dit lewer te kan assesseer.
  • Rekenaarpakkette te kan gebruik vir berekening, modellering, simulasie en informasiehantering. Dit behels:
    a. assessering van die toepaslikheid en beperkings van die pakket;
    b. behoorlike toepassing en bedryf van die pakket
    c. kritiese toetsing en assessering van die resultate wat deur die pakket gelewer word.
  • Rekenaars, netwerke en informasiestelsels te kan gebruik vir die assessering, prossesering, bestuur en berging van inligting ten einde persoonlike produktiwiteit en spanwerk te bevorder.
  • Rekenaartoepassings soos benodig in die verskillende ingenieursdissipline te kan ontwikkel.
  • Basiese tegnieke en kennis op die gebiede van ekonomie, besigheidsbestuur, gesondheid, veiligheid en omgewingsbewarding in die ingenieurspraktyk kan laat geld.

    6. Leerder moet met praktikumverslae, ontwerpverslae en die finalejaar projekverslag asook met seminaaraanbiedings en 'n mondelinge en plakkaataanbieding van die finalejaarprojek bewys lewer dat hy/sy bevoeg is om:
  • Beide mondeling en skriftelik effektief te kan kommunikeer met ingenieursgehore en die gemeenskap in die bree deur gebruik te maak van toepaslike struktuur, styl en grafiese ondersteuning.
  • Metodes van inligtingsverskaffing aan andere wat by ingenieurswese-aktiwiteite betrokke is, te kan gebruik.

    7. Leerder moet tydens klastoetse, semestertoetse en eksamenvraestel asook met selfwerkopdragte bewys kan lewer dat hy/sy krities bewus is van:
  • Die impak van ingenieursaktiwiteite op die gemeenskap en omgewing.
  • Die behoefte om die volgende aspekte te oorweeg tydens ingenieursanalise en -ontwerp:

    a. Die impak van tegnologie op die gemeenskap.
    b. Die persoonlike, sosiale, kulturele waardes en vereistes van diegene wat geraak word deur ingenieurs-aktiwiteite.

    8. Leerder moet met groep selfwerkopdragte en groep ontwerp-opdragte bewys lewer dat hy/sy bevoeg is om effektief as individu en as deel van 'n span binne 'n multi-dissiplinere omgewing te kan werk, leiding te kan gee en kritieke take kan verrig.

    9. Leerder moet met selfwerkopdragte, ontwerpopdragte, finalejaar-projek en seminaaraanbieidngs bewys lewer dat hy/sy 'n begrip ontwikkel het vir die belangrikheid daarvan om sy/haar bevoegdheid deurlopend te onderhou en op hoogte te bly met die nuutste gereedskapstukke en tegnieke en bevoeg is om betrokke te raak by lewenslange leer deur goed ontwikkelde leervaardighede.

    10. Leerder moet met seminaaraanbiedings, selfwerkopdragte, ontwerp-opdragte, eksamenvraestelle en die finalejaarprojek bewys lewer dat hy/sy krities bewus is van die nodigheid om altyd professioneel en eties korrek op te tree en verantwoordelikheid binne sy/haar beperkings en bevoegdhede te aanvaar en bevoeg is om goeie oordeel ooreenkomstig kennis en ondervinding te kan uitoefen.


    Geintegreerde assesering

    Asseseringsmetodes

    In die leerplan word daar tussen die volgende tipes vakke onderskei:
  • Basiese wetenskappe bv wiskunde en fisika.
  • Ingenieurswetenskappe bv. elektrotegniek en elektronika.
  • Ontwerp en sintese bv. ontwerp en projek.
  • Bykomende vakke bv. ekonomie, wetenskapsleer en kommunikasie.

    a. In die basiese wetenskappe en ingenieurswetenskappe vakke word die volgende assesseringsmetodes gebruik:

    i) Ten minste 6 geskrewe klastoetse deur die semester waarin die student se begrip van spesifieke afdelings va die werk getoets word.
    ii) 'n Geskrewe semestertoets ongeveer in die middel van die semester waarin beide die student se begrip van spesifieke afdelings (konsepte) van die werk asook die student se begrip van die samehang tussen die verskillende konsepte getoets word.

    Wat laasgenoemde vermoe aanbetref, moet meer komplekse probleme, wat sintese en integrering van kennis vereis, opgelos word.

    iii) 'n Geskrewe eskamenvraestel van ten minste 3 ure per module. Net soos in die geval van die semestertoets word die studente se begrip van spesifieke konsepte in die vak asook die begrip ten opsigte van die samehang tussen die verskillende konsepte getoets. In die eindeksamenvraeestel val die klem egter op die demonstrasie van die vermoe om meer komplekse probleme op te los waar verskeie konsepte 'n rol speel en wat 'n geintegreerde benadering vereis.

    iv) 'n Aantal selfwerkopdragte. Sommige hiervan oet die student individueel uitvoer, terwyl sommige in groepverband uitgevoer moet word. Daar word tussen die volgende tipes opdragte onderskei:
  • Oplos van probleme
  • Ondersoeke
  • Take waar onder andere simulasie en toepassing van rekenaarpakkette 'n rol speel.
  • Ontwerpe

    v) Minstens drie praktikumopdragte per module in die nie wiskundige vakke. Praktikum-opdragte behels metings in 'n laboratorium verwerking en interpretering van resultate en aflei van inligting uit die data verslae oor die praktikums moet ingedien word wat die student individueel of in groepverband kan saamstel.

    b) In die ontwerp- en sintesevakke word die volgende assesserings-metodes gebruik:

    i) Ten minste 6 geskrewe klastoetse deur die semester waarin die student se begrip van spesifieke afdelings van die werk getoets word.

    ii) 'n Omvangryke ontwerp-opdrag wat die ontwerp van 'n komplekse stelsel behels. Die ontwerp word ge-evalueer aan die hand van 'n ontwerpverslag.

    iii) Die uitvoer van 'n komplekse ingenieurprojek wat navorsing, ontwerp, eksperimentele ondersoek en/of bou van toerusting behels. Die projek word ge-evalueer aan die hand van 'n projekverslag, 'n mondelinge aanbieding en 'n plakkaat-aanbieding.

    Ontwerpopdragte word of individueel of in groepverband uitgevoer terwyl projekopdragte gewoonlik individueel uitgevoer word.

    c) Die volgende assesseringsmetodes word in die bykomende vakke soos ekonomie en wetenskapsleer gedoen:
  • Ongeveer ses klastoetse van 15-30 minute deur die semester.
  • Een semestertoets van ongeveer 1 ? uur.
  • 'n Aantal selfwerkopdragte.
  • 'n Eksamenvraestel van 3 uur aan die einde van die semester.


    Geintegreerde assessering:

    Formatiewe en summatiewe evaluering vind op 'n geintegreerde wyse plaas. Gedurende die semester word van die volgende formatiewe assesserings-metodes gebruik gemaak:
  • 'n gemiddeld van ses klastoetse;
  • 'n semestertoets;
  • selfwerkopdragte;
  • praktikumopdragte

    Summatiewe evaluering vind op die volgende wyses plaas:
  • eksamenvraestelle na die afloop van kursusse waarin leerder bewys moet lewer dat alle uitkomste met betrekking tot die spesifieke kursus bereik is;
  • ontwerpverslae, hoofsaaklik in die senior (3de en 4de) jare, waarin leerder bewys moet lewer dat uitkomste met berekking tot die volgende bereik is:
  • ingenieursprobleemoplossing,
  • ontwerp en sintese,
  • toepassing van fundamentele en spesialis-kennis,
  • ingenieursmetodes, vaardighede, gereedskap en informasietegnologie,
  • spanwerk en multidissiplinere samewerking,
  • impak van ingenieurs-aktiwiteite op die gemeenskap en omgewing, en
  • professionele en algemene kommunikasie,
  • 'n omvangryke projekverslag in die finale studiejaar waarin leerder bewys moet lewer dat al die uitkomste op 'n geintegreerde wyse bereik is. 

  • ARTICULATION OPTIONS 
    Hierdie kwalifikasie verleen toegang tot 'n meestersgraad in ingenieurswese. 

    MODERATION OPTIONS 
    1. Vakke wat deur die Fakulteit Ingenieurswese aangebied word

    Vir elke eksamen word interne eksaminatore en eksterne moderators deur die Fakulteitsraad benoem. Eksterne moderators word op grond van hulle besondere kundigheid benoem.

    2. Vakke wat deur ander fakulteite aangebied word

    Vir elke eksamen word interne eksamenatore en interne moderators deur die betrokke fakulteitsrade benoem. 

    CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS 
    Slegs akademiese personeel van die PU vir CHO word as assessors gebruik. Hierdie personeel word op grond van vakkundige en assessorskundigheid benoem en ontvang ook verdere opleiding daarin van die universiteit.

    Die minimum kwalifikasie waaroor assessors beskik is soos volg:
  • 'n Baccalaureusgraad in ingenieurswese plus registrasie as professionele ingenieur; of
  • 'n Meestersgraad in ingenieurswese; of
  • 'n Doktersgraad in die suiwer wetenskappe. 

  • REREGISTRATION HISTORY 
    As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006; 2009; 2012; 2015. 

    LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: 
    When qualifications are replaced, some (but not all) of their learning programmes are moved to the replacement qualifications. If a learning programme appears to be missing from here, please check the replaced qualification.
     
    NONE 


    PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: 
    This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here.
     
    1. North West University 



    All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.