|
All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |
| SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY |
| REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: |
| Master of Arts: Theology: Greek: Semitic Languages |
| SAQA QUAL ID | QUALIFICATION TITLE | |||
| 19692 | Master of Arts: Theology: Greek: Semitic Languages | |||
| ORIGINATOR | ||||
| University of Potchefstroom | ||||
| PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY | NQF SUB-FRAMEWORK | |||
| CHE - Council on Higher Education | HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework | |||
| QUALIFICATION TYPE | FIELD | SUBFIELD | ||
| Master's Degree | Field 07 - Human and Social Studies | Religious and Ethical Foundations of Society | ||
| ABET BAND | MINIMUM CREDITS | PRE-2009 NQF LEVEL | NQF LEVEL | QUAL CLASS |
| Undefined | 128 | Level 8 and above | NQF Level 09 | Regular-Provider-ELOAC |
| REGISTRATION STATUS | SAQA DECISION NUMBER | REGISTRATION START DATE | REGISTRATION END DATE | |
|
Passed the End Date - Status was "Reregistered" |
SAQA 2663/05 | 2006-07-01 | 2009-06-30 | |
| LAST DATE FOR ENROLMENT | LAST DATE FOR ACHIEVEMENT | |||
| 2010-06-30 | 2013-06-30 | |||
| In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise. |
This qualification does not replace any other qualification and is not replaced by any other qualification. |
| PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION |
| Om navorsingstudie in die Christelike Teologie, Grieks en Semitiese Tale te bied, toegespits op almal wat akademiese navorsing wil doen in kerklike bediening, pastorale berading, etiese orientering en waardevestiging, gemeenskapsontwikkeling, Byvelvertaling en Grieks en Semitiese Tale, met 'n navorsingskomponent in 'n spesialiteitsterrein waardeur die kandidaat blyke moet gee van vertroudheid met die relevante literatuur, van navorsings-vaardigheid asook van die vermoe om 'n behoorlike verslag van die navorsing te gee. Dit alles op so 'n wyse dat die gekwalifiseerde toegerus is om leidinggewend in 'n multikulturele en internasionale konteks te funksioneer.
Daar is tans baie predikers, pastorale werkers, Bybelvertalers en kundiges in antieke Grieks en Semitiese tale wat nie nagraadse navorsingsopleiding het nie. Daar is 'n groeiende behoefte aan navorsng in die Bybelwetenskappe, aan navorsing oor maniere waarop met mense uit ander godsdienstige oortuigings kommunikeer kan word en aan navorsing oor die opheffing van armes en persone wat tans onder moeilike omstandighede lewe. Hierdie program rus mense toe om deel te neem aan navorsing oor opheffings-programme in die Suid-Afrikaanse samelewing, en aan navorsing om waardes te ontwerp en by leiers te vestig wat dit in ooreenstemming met handves van fundamentele regte kan implementeer. |
| LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING |
| Toelatingsvereistes:
Honns BTh, Honns BA (Bybeltale), MDiv of gelykwaardige kwalifikasie. Vaardighede: Potensiaal om op grond van opleiding wetenskaplike navorsing te kan doen. Erkenning van vorige leer: Die Dagbestuur va die Fakulteit Teologie hanteer aansoeke in hierdie verband volgens Universiteitsbeleid. |
| RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? |
| Y |
| EXIT LEVEL OUTCOMES |
| 1. Kennis
1.1 Navorsingskennis van en insig in begrippe, prosedures, modelle, teoriee, beginsels, navorsingmetodes, en die plek van die wetenskap in die menslike lewe. 1.2 Benewens vakkennis, ook navorsingsinsig in die ensiklopedie en samehang van die betrokke dissipline. 2. Vaardighede en bevoegdhede Die afgestudeerde sal: 2.1 Die Bybel op 'n kontroleerbare, wetenskaplike en geldige manier kan interpreteer. 2.2 Teologiese en/of Bybeltalekwessies wetenskaplik weergee. 2.3 Hierdie kennis op aktuele hedendaagse situasies kan toepas in navorsingsprojekte, en bv. in pastorale berading, antieke taalstudie, Bybelonderrig in die onderwys, etiese orientering en waardevestiging, gemeenskapsontwikkeling wetenskaplik ondersoek. 2.4 Op wetenskaplike wyse krities en kreatief ingewikkelde probleme identifiseer, beskryf en oplos. 2.5 As entrepreneur in navorsingsaspekte kan begin optree. 2.6 Seminare oor wetenskaplike onderwerpe lei. 2.7 Effektiewe en verantwoordelike selfbestuur in navorsing kan toepas. 2.8 Kennis selfstandig kan verwerf, beheers, toepas, analiseer, integreer en gefundeerde evalueer. 2.9 Kennis wetenskaplik kan kommunikeer in verskillende media. Die student moet dus oor luister-, lees-, praat-, skryf-, redeneer- en rekenaar-vaardighede beskik. 2.10 'n Doeltreffende navorser wees wat die noodsaaklikheid van lewenslange navorsing besef. 2.11 Die voorveronderstellings van 'n eie denkraamwerk wetenskaplik kan verwoord, en verantwoord met verwysing na die Christelike en ander lewensbeskouings. 2.12 Wetenskaplike navorsing kan doen en die resultate in die verhandeling opskryf en aanbied. 3. Waardes 3.1 Respek vir God, die Bybel, die medemens, die skepping en gesag. 3.2 Prinsipieel dink wat ook manifesteer in gefundeerde aanpasbaarheid. 3.3 Nastreef van uitnemendheid. 3.4 Roepingsbewustheid, toewyding en integriteit. 4. Bewustheid van die belang van 4.1 Deelname as verantwoordelike landsburger aan die lewe van die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap. 4.2 Kulturele en estetiese sensitiwiteit oor 'n verskeidenheid van sosiale verbande en die moontlikhede en beperkings van 'n multi-kulturele samelewing. 4.3 Deelname aan nasionale en internasionale vakkonferensies. |
| ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA |
| 1. 'n Stelsel van deurlopende evaluering word konsekwent gehandhaaf.
Selfevalueringsoefeninge, geskrewe en mondelinge toetse en eksamens, werkstukke, mondelinge voordragte, klasbesprekings en kritiese bespreking van boeke en artikels. Toetsing van navorsingspotensiaal deur wetenskaplike voorleggings en skripsie/verhandeling. In hierdie proses word formatiewe en summatiewe evaluering geintegreer. 2. Die leerder moet in staat wees om die volgende te doen: 2.1 Selfstandig met hulpmiddels perikope met die oog op prediking eksegetiseer. 2.2 Die basiese feite in hierdie verband in 'n mondelinge gesprek en/of 'n geskrewe vraestel weergee. 2.3 In gesprekke en d.m.v. werkstukke en mondelinge voordragte blyke gee dat hy/sy oor die genoemde vaardighede en bevoegdhede beskik. 2.4 Ingewikkelde gevallestudies en/of navorsingsprobleme ontleed, krities bespreek en oplossings bied. 2.5 Kreatiewe voorstelle maak om navorsingsmoontlikhede en bronne daartoe te ontgin. 2.6 In 'n vakverband 'n seminaar lei. 2.7 Programme vir navorsingselfbestuur uitwerk en toepas. 2.8 Soos 2.1 en 'n werkstuk oor 'n teologiese/bedieningsonderwerp uitwerk. 2.9 'n Werkstuk oor 'n wetenskaplike onderwerp met oudiovisuele hulpmiddels uitwerk en aanbied. 2.10 Blyke gee daarvan dat hy/sy eie navorsingsbronne vind en raadpleeg. 2.11 Wetenskaplike gesprekke voer met andersdenkendes, waarin blyke gegee word van insig in eie voorveronderstellings, en respek vir ander s'n. 2.12 Onder beperkte leiding 'n verhandeling daarstel. 3. Die leerder moet: 3.1 Bewys lewer van 'n program vir persoonlike geloofsgroei, en leiding aan ander gee in persoonlike goedsdiensoefening. 3.2 Geldige oplossings vir nuwe probleme bied. 3.3 Bewys hiervan lewer in werksuitsette en gesprekke met fasiliteerders. 3.4 Soos 3.3. 4. Die leerder moet bewys lewer van: 4.1 Konstruktiewe betrokkenheid by die gemeenskapslewe. 4.2 Konstruktiewe samewerking met lede van versillende kultuurgroepe. 4.3 Kennis van die publikasies van die betrokke vakkonferensie. Geintegreerde assessering 'n Stelsel van deurlopende evaluering word konsekwent gehandhaaf, waarin gebruik gemaak van bv. die volgende asseseringsmetodes: self-evalueringsoefeninge, geskrewe en mondelinge toetse en eksamens, opstelle, werkstukke, mondelinge voordragte, klasbesprekings en kritiese bespreking van boeke en artikels. In hierdie proses word formatiewe en summatiewe evaluering geintegreer. Die student moet ook 'n verhandeling skryf in een van die betrokke dissiplines Teologie. Dit word deur minstens twee interne en een eksterne eksaminatore geeksamineer. |
| ARTICULATION OPTIONS |
| Soos gekoordineer deur Forum for University Theological Education (FUTE). Hierdie liggaam is saamgestel deur al die Suid-Afrikaanse Universiteite se Fakulteite van Teologie of departemente van Godsdiensonderrig. Gemeenskaplike samestellings van programme, standaarde en programuitkomste word hier bespreek totdat konsensus daaroor bereik is. |
| MODERATION OPTIONS |
| Vir elke eksamen word interne eksaminatore en interne moderatore deur die Fakulteitsraad Teologie van die PU vir CHO benoem. Vir M- en D-grade benoem die senaat eksaminatore en moderatore, waarvan ten minste een 'n eksterne persoon moet wees. Waar die Fakulteitsraad dit nodig ag word eksterne eksaminatore en moderatore wel op grond van besondere kundigheid benoem. |
| CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS |
| 'n Assessor moet akademies kundig wees, en oor verkieslik 'n toepaslike doktorsgraad, of ten minste 'n toepaslike M-graad beskik. Al die assessors beskik tans oor ten minste 'n meestersgraad, terwyl die grootste deel van hulle oor 'n doktorsgraad beskik. |
REREGISTRATION HISTORY |
| As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. |
| NOTES |
| LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: |
| NONE |
| PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: |
| This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here. |
| NONE |
| All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |