SAQA All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.
SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY 
REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: 

Master of Arts: Generic 
SAQA QUAL ID QUALIFICATION TITLE
19571  Master of Arts: Generic 
ORIGINATOR
University of Potchefstroom 
PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY NQF SUB-FRAMEWORK
Was CHE until Last Date for Achievement  HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework 
QUALIFICATION TYPE FIELD SUBFIELD
Master's Degree  Field 02 - Culture and Arts  Design Studies 
ABET BAND MINIMUM CREDITS PRE-2009 NQF LEVEL NQF LEVEL QUAL CLASS
Undefined  256  Level 8 and above  NQF Level 09  Regular-Provider-ELOAC 
REGISTRATION STATUS SAQA DECISION NUMBER REGISTRATION START DATE REGISTRATION END DATE
Passed the End Date -
Status was "Reregistered" 
SAQA 2663/05  2006-07-01  2009-06-30 
LAST DATE FOR ENROLMENT LAST DATE FOR ACHIEVEMENT
2010-06-30   2013-06-30  

In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise.  

This qualification is replaced by: 
Qual ID Qualification Title Pre-2009 NQF Level NQF Level Min Credits Replacement Status
72797  Master of Arts  Level 8 and above  NQF Level 09  256  Complete 

PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION 
Die (eerste) doel van die kwalifikasie is om aan 'n leerder wat reeds oor 'n honneursgraad in 'n veld van die geesteswetenskappe beskik, of oor kwalifikasies wat as gelykwaardig erken word, in staat te stel om by wyse van 'n meestersverhandeling bewys te lewer dat hy/sy die geesteswetenskaplike vaardighede en toepaslike metodologiee bemeester het wat verbeterde geleenthede sal skep vir voortdurende persoonlike intellektuele groei, waardetoevoegende ekonomiese aktiwiteit en lonende bydraes tot die gemeenskap. Hierdie verdere wetenskaplike toerusting geskied vanuit 'n gefundeerde perspektief op die wetenskap.

Die (tweede) doel van die kwalifikasie is om Suid-Afrika te voorsien van ontwikkelende wetenskaplike navorsers wat oor teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede in verskeie dissiplines uit die geesteswetenskappe beskik, met spesialisering en meesterskap in een erkende kerndissipline of 'n multi-dissiplere samevoeging van dissiplines. Sodoende sal verder bygedra word tot die verbreding van die leierskapbasis vir innoverende en kennisgebaseerde ekonomiese en skolastiese aktiwiteit in die land. 

LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING 
Die leerder beskik oor 'n honneursgraad, of gelykwaardige status soos deur die senaat van 'n geakkrediteerde Universiteit verleen op grond van kennis en vaardighede opgedoen deur vorige leer en werkservaring. 

RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? 

EXIT LEVEL OUTCOMES 
Bo en behalwe die uitkomste en kriteria soos beskryf by die eerste algemeen-vormende BA-graad en die Honneurs BA-Graad (of toepaslike alternatief) sal die kwalifiseerder in hierdie program aan die einde van die program in staat wees om die uitkomste te bereik wat toepaslik is binne die raamwerk van die vlak van die kwalifikasie. Leerders sal hul vermoe moet demonstreer om die toepaslike geesteswetenskaplike metodes te gebruik en toe te pas in die hantering van 'n toepaslike wetenskaplike probleem in die veld van spesialisasie. Dit kan soos volg uiteengesit word en word daarvolgens beoordeel:

1. In terme van kennis en insig:
  • Moet die kandidaat die toepaslike vlak van kennis en abstraksie binne die veld bereik en insig ontwikkel het in die begrippe, modelle, teoriee en metodes;
  • Sowel as insig in die plek van die besondere dissipline in die ensiklopedie van die wetenskap.

    2. In terme van vaardighede en bevoegdhede

    Die afgestudeerde student in hierdie program moet:
  • Tipiese probleme in die veld krities en kreatief kan benader en oplos;
  • Verworwe vaardighede binne entrepreneuriese verband te kan plaas;
  • Effektiewe en selfstandige bestuur te kan doen met verwysing na die hantering van die studiemateriaal en daarbuite;
  • Selfstandig kan omgaan met kennisverwerwing en hantering;
  • Goeie kommunikasievermoe ontwikkel het en dit toepaslik kan gebruik binne die veld;
  • Die leergeleentheid van die meestersprogram so te interpreteer dat dit as deel van die proses van lewenslange leer gesien word;
  • Veral kan verantwoord hoe hierdie aktiwiteite binne die raamwerk van die Christelike en ander lewensbeskouings verwesenlik word;

    3. In terme van waardes

    Moet die kandidaat toenemend 'n bewustheid he van:
  • Respek vir die medemens, die skepping en vir verantwoordelike gesag;
  • Persoonlike prinsipiele denke uitbou en toepas;
  • Uitnemendheid nastreef in die benadering tot die wetenskap;
  • En integriteit verder begrond.

    4. In terme van 'n bewustheid van die belang van:
  • Kulturele en estetiese sensitiwiteit insien hoe hierdie sake ter uitdrukking kom in die hantering van gevorderde studie. 

  • ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA 
    Leerders sal hul vermoe moet demonstreer om die toepaslike geesteswetenskaplike metodes te gebruik en toe te pas in die hantering van 'n toepaslike wetenskaplike probleem in die veld van spesialisasie deur:
  • deur bewyslewering van beheersde kennis van die teorie en beginsels van die veld;
  • die integrering van teorie en praktyk in die veld;
  • kritiese analise van bestaande kennis in die veld;
  • die uitvoering van navorsing volgens die aanvaarde metodologie in die veld;
  • die ontleding en interpretasie van navorsingsdata en resultate;
  • die rapportering van hul navorsingresultate in 'n wetenskaplik aanvaarde formaat.


    Geintegreerde assessering:

    Geintegreerde assessering om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word, sal kontinu geskied. Dit sal insluit:
  • die assessering van die vordering met die opstel van 'n navorsingsvoorstel onder leiding van die studieleier en toesig van die direkteur van die betrokke navorsingsfokusarea, vir goedkeuring deur die Fakulteitsraad;
  • deurlopende evaluering deur die studieleier van die kwaliteit van die navorsing;
  • kontinue evaluering deur die studieleier van die vordering met en die gehalte van die skryfwerk aan die verhandeling;
  • finale eksaminering van die verhandeling deur 'n paneel van interne en eksterne eksaminatore en verslagdoening deur die Fakulteitsraad. 

  • ARTICULATION OPTIONS 
  • Krediet sal verleen word vir leer aan ander fakulteite en inrigtings, op voorwaarde dat die uitkoms- en totale kredietvereistes vir hierdie program as geheel nagekom word.
  • Met die basiese, toepasbare en spesialis-vaardighede, sowel as navorsingsvaardighede, wat die leerder met hierdie kwalifikasie in een van die toepaslike geesteswetenskaplike dissiplines opgedoen het, sal die leerder toegerus wees om met verder leer en navorsing vir doeleindes van die verwerwing van die PhD voort te gaan in verwante spesialisasiegebiede aan ander inrigtings, nasionaal en internasionaal. 

  • MODERATION OPTIONS 
    Vir die finale assessering van die voltooide verhandeling word interne eksaminatore uit die akademiese personeel van die Universiteit benoem op grond van hulle kundigheid in die spesialisgebied, en, eweneens op grond van besondere kundigheid, eksterne eksaminatore van ander plaaslike tersiere inrigtings, nywerhede, navorsingsinstansies, ens. Indien van die studieleiers as eskaminatore benoem word, word per regulasie 'n gelyke getal onbetrokke eksaminatore benoem.

    Hierdie benoemings word deur die Fakulteitsraad gedoen. 

    CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS 
    'n Studieleier en soms mede- en hulpstudieleiers word vir die begeleiding van die leerder benoem, uit akademiese personeel van die Universiteit en/of ander tersiere inrigtings, die private en/of openbare sektor, op grond van hulle kundigheid in een of meer van die betrokke vakdissiplines. Soos in "Geintegreerde assessering" gemeld, is hierdie persone betrokke by kontinue assessering van die studie. 

    REREGISTRATION HISTORY 
    As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. 

    NOTES 
    Hierdie kwalifikasie is toeganklik in die volgende velde binne die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte:

    Afrikaans en Nederlands, Applied Language Studies, Afrikatale (Zoeloe en Tswana), Bybeltale en -Letterkunde, Ekonomie, Engels, Geografie en Omgewingstudie, Kommunikasiestudies, Openbare Bestuur en Regering, Duits, Filosofie, Geskiedenis, Kunsgeskiedenis, Latyn, Rekenaarwetenskap, Toegepaste Taalstudies. 

    LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: 
    When qualifications are replaced, some of their learning programmes are moved to being recorded against the replacement qualifications. If a learning programme appears to be missing from here, please check the replacement.
     
    NONE 


    PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: 
    This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here.
     
    NONE 



    All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.