|
All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |
| SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY |
| REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: |
| Bachelor of Arts: Science: Planning |
| SAQA QUAL ID | QUALIFICATION TITLE | |||
| 19389 | Bachelor of Arts: Science: Planning | |||
| ORIGINATOR | ||||
| University of Potchefstroom | ||||
| PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY | NQF SUB-FRAMEWORK | |||
| Was CHE until Last Date for Achievement | HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework | |||
| QUALIFICATION TYPE | FIELD | SUBFIELD | ||
| National First Degree | Field 12 - Physical Planning and Construction | Physical Planning, Design and Management | ||
| ABET BAND | MINIMUM CREDITS | PRE-2009 NQF LEVEL | NQF LEVEL | QUAL CLASS |
| Undefined | 612 | Level 7 | Level TBA: Pre-2009 was L7 | Regular-Provider-ELOAC |
| REGISTRATION STATUS | SAQA DECISION NUMBER | REGISTRATION START DATE | REGISTRATION END DATE | |
|
Passed the End Date - Status was "Reregistered" |
SAQA 2663/05 | 2006-07-01 | 2009-06-30 | |
| LAST DATE FOR ENROLMENT | LAST DATE FOR ACHIEVEMENT | |||
| 2010-06-30 | 2015-06-30 | |||
| In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise. |
This qualification is replaced by: |
| Qual ID | Qualification Title | Pre-2009 NQF Level | NQF Level | Min Credits | Replacement Status |
| 72772 | Bachelor of Arts: Science: Planning | Level 7 | NQF Level 08 | 612 | Complete |
| PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION |
| Die doel van die B.Art et Scien (Bepl.)-program is om professionele Stads- en Streekbeplanners op te lei om volhoubare geintegreerde ontwikkeling van stedelike en landelike gebiede te inisieer, implementeer, bestuur en te evalueer ter verbetering van die land en die lewenskwaliteit van sy mense asook van die groter globale gebied.
Die beroepsgerigte kwalifikasie bekwaam die leerder vir beplanningsposte in die staatsdiens, provinsiale owerheid, distrikowerheid, plaaslike owerheid, privaatsektor, universiteite en technikons, wat alleenlik beskikbaar is vir professionele stads- en streekbeplanners- of die leerder kan sy / haar eie onderneming begin en sodoende ook werk skep. As projekbestuurder van plaaslike ontwikkelingsprojekte kan die leerder waardevolle bydraes lewer tot werkskepping en die bekamping van armoede. |
| LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING |
| Aannames oor vorige leer
Matriekvrystelling word vereis. Wiskunde op die hoergraad geslaag of Wiskunde op standaardgraad met `n C-simbool geslaag. Studente word net tot die B.Art. et Scien. (Bepl.) graad toegelaat as hulle vir toelating gekeur is. |
| RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? |
| N |
| EXIT LEVEL OUTCOMES |
| Hoof Uittreevlakuitkomste
a. Aan die einde van die program moet die leerder oor wye interdissiplinere kennis en vaardighede beskik en toegerus wees met wetenskaplike, tegniese en kommunikasie vaardighede en `n bewustheid van die sosiale en omgewingskonteks waarin hy / sy sal werk. b. By die voltooiing van die program moet die leerder toegerus wees om doeltreffend te funksioneer op alle beplanningsterreine- sentrale, provinsiale, distrik- en plaaslike owerheidsgebied asook in die privaatsektor. c. Ontwikkeling van `n gefundeerde lewens- en wereldbeskouing gebaseer op die beginsels van respek vir medemens, skepping en gesag. d. Die vermoe om kenniskommunikasie kreatief en doeltreffend toe te pas. Spesifieke en Kritieke Uittreevlakuitkomste Na die voltooiing van die graad moet die leerder kan demonstreer dat hy / sy die volgende uitkomste bereik het: Kennis Die leerder moet parate kennis he en oor die vermoe beskik om kennis in te win aangaande die volgende: 1. Die faktore wat die totstandkoming en verspreiding van dorpe en stede bepaal. 2. Die vormgewende elemente van stedelike morfologie. 3. Die onderlinge afhanklikheid van die samestellende onderdele van dorpe en stede. 4. Beskouings oor die streekbegrip en verskillende verbandhoudende disciplines. 5. Bevolkingmigrasieprosesse in die ontwikkelde en ontwikkelende wereId. 6. Die verskillende vorme van stedelike verval en riglyne vir stedelike vernuwing. 7. Die rol van etiek in die beplanningsberoep - om etiese optrede by die leerder-beplanner in te skerp. 8. Die ontwerp en uitleg van fisiese ingenieursdienste in stedelike gebiede. 9. Stedelike ontwerpbeginsels. 10. Projekbestuur in die beplanningspraktyk. 11. Die opstel van praktiese opnames en die interpretasie daarvan. 12. Verkeersbeplanningsbeginsels binne die stedelike omgewing en die toepassing daarvan om `n veilige en doelteffende vervoerstelsel daar te stel. 13. Beginsels in die beplanning van handelsgebiede in stede en dorpe om in die behoeftes van die hele gemeenskap te voorsien. 14. Beginsels in die beplanning van nywerheids-gebiede in stede en dorpe om `n veilige en doeltreffende nywerheidsontwikkeling daar te stel. 15. Formulering en evaluering van geintegreerde ontwikkelingsplanne van stedelike en landelike gebiede. 16. Bestaande behuisingsbeleid en wetgewing en behuisingsvorme. 17. Openbare bestuur en administrasie vir beplanners. 18. Die inisiering, implementering, bestuur en evaluering van plaaslike ekonomiese regenerasie en werkskeppingsprogramme. 19. Die toepassing van omgewingsbeplanning en toepaslike wetgewing om `n volhoubare natuurlike, sosiale en ekonomiese omgewing daar te stel. 20. Beplanningswetgewing waarvolgens alle beplanning moet plaasvind. 21. Statistiese metodes in die beplanningsberoep. 22. Wetenskaplike kennis en insig wat strek oor een of meer vakgebiede. 23. Feitekennis maar veral ook kennis en insig in begrippe, prosedures, modelle, teoriee, beginsels, navorsingsmetodes en die plek en grense van die wetenskap in die menslike lewe. 24. Benewens vakkennis ook insig in die ensiklopedie en samehang van die wetenskap deur onder andere in te sien dat probleemoplossing nie in isolasie bestaan nie. Vaardighede en Bevoegdhede By die suksesvolle voltooiing van die kwalifikasie sal die leerder oor die volgende vaardighede en bevoegdhede beskik: 25. Die aanwending van basiese beplannings-kennis en -tegnieke in die identifisering en oplossing van beplanningsprobleme. 26. Kennis en vaardighede om volhoubare ontwikkeling in die stedelike en landelike omgewing te bewerkstellig. 27. Syfermatige verwerking van data en rekenaarvaardighede ten opsigte van gepaste sagteware. 28. Die insameling van data, hetsy elektronies of andersins. 29. `n Doeltreffende leerder wees wat die noodsaaklikheid van lewenslange leer besef. 30. Die voorsiening van grondgebruikontwikkeling wat sal voldoen aan die behoeftes van die bevolking, bestaande standaarde en wetgewing en etiese kodes van die beroep. 31. Die beplanning en bestuur van beplanningsprojekte: fokus op belangrike aspekte en hantering van beperkings. 32. Evaluering van alternatiewe planne en keuse van logiese oplossings. 33. Om as lid van `n multi-dissiplinee span te funksioneer en as leier op te tree. 34. Om kennis selfstandig te verwerf, beheer, toe te pas, analiseer, integreer en gefundeerd te evalueer. 35. Effektiewe en verantwoordelike selfbestuur te kan toepas. 36. Om doelmatige navorsingstegnieke te gebruik vir die beplanning en implementering van beplanningsprojekte. 37. Om openbare deelname in die beplannings-proses te fasiliteer. 38. Kennis wetenskaplike kan kommunikeer- die leerder moet dus oor praat, skryf, redeneer en rekenaarvaardighede beskik. 39. Beplannningsverslae logies en sistematies kan voorberei en aanbeid. 40. Geintegreerde beplanning kan toepas. 41. Krities en kreatief probleme kan identifiseer en oplos. 42. Kreatief kan dink. 43. As entrepreneur kan optree. 44. Die beginsels van noodsaaklikheid en wenslikheid in die beplannings-proses effktief kan implementeer. 45. Wetenskap en tegnologie doelmatig en doeltreffend kan gebruik met verantwoordelikheid teenoor die omgewing, eie gesondheid en gesondheid van ander mense. Waardes 46. Respek vir die medemens, die skepping en gesag. 47. Prinsipieel dink wat ook manifesteer in gefundeerde aanpasbaarheid. 48. Nastreef van uitnemendheid. 49. Toewyding en integriteit. 50. Verantwoordelikheid en betroubaarheid. 51. Noukeurigheid en deeglikheid. 52. Stiptelikheid. 53. Bewustheid van die belang van deelname as verantwoordelike landsburger aan die lewe van die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap. 54. Bewustheid van die belang van kulturele en estetiese sensitiwiteit van sosiale verbande en die moontlikhede en beperkings van die samelewing. |
| ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA |
| Geassosieerde assesseringskriteria
Verskillende strategiee, wat insluit geskrewe eksamens, deurlopende evalueringstoetse, seminare, voordrag, projekvoordragte en eksaminering van die skripsie sal gebruik word om vas te stel in watter mate die uitkomste bereik is. Die syfers tussen hakies dui die nommer van die geassosieerde uitkoms. Formatiewe assessering 1. Uitwerk van referate (1 -19) 2. Voordrag van referate (1 -19) 3. Kennis- en insigtoetse (1 -24) 4. Geskrewe verslae oor praktiese werk en ekskursies (8 -15, 35 - 42) 5. Projekbeplanningsvoordragte (1 -26) 6. Vorderinggesprekke oor projekte en skripsies (a -d, 1- 45) Summatiewe assesserings 7. Module-eksamens. Klem word gele op vrae wat kritieke uitkomste soos identifisering en oplossing van probleme, verantwoordelike besluitneming en kritiese en kreatiewe denke toets (1 -24) 8. Projekverslageksaminering (1 -54) 9. Projekvoordragbeoordeling: hier word veral getoets of die leerder daarin geslaag het om data te versamel, te analiseer, krities te evalueer deur die effektiewe gebruik van wetenskap en tegnologie en dit effektief te kommunikeer (25 -39) 10. Eksaminering van die skripsie: met die skripsie word veral getoets of die leerder vertroud is met die metodes en tegnieke eie aan die spesifieke studierigting (a -d, 1 -45) Mondelinge eksamen oor die breer onderwerp waaroor die skripsie handle. Geintegreerde assessering (om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik is) Om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word, word `n Skripsie gedurende die laaste 6 maande van die finale studiejaar van die leerder vereis waar die uitkomste onder "Uittreevlakuitkomste en geassosieerde assessering" geintegreer word. Die assessering van die skripsie is `n deurlopende proses waardeur die leerder se vermoe om self `n sinvolle onderwerp te identifisser, probleem en doelstellings te formuleer en die opeenvolgende stappe van data insameling en verwerking, interpretasie en gevolgtrekkings in beplanningsvoorstelle te hanteer, getoets word. Die skripsie word afgesluit deur `n mondelinge eksamen waardeur insig, kreatiewe denke en beplanningswaardes getoets word. |
| ARTICULATION OPTIONS |
| Relevante voorgraadse modules aan hoer onderwysinstellings wat reeds afgehandel is sal erkenning aan verleen word. Suksesvolle voltooiing van die graad verleen toegang tot die M.Art. et Scien. (Bepl.)-graad. |
| MODERATION OPTIONS |
| Eksterne eksaminatore vir die skripsies word gebruik. Hierdie eksaminatore moet oor `n Meestersgraad in Stads- en Streekbeplanning beskik, maar verkieslik oor `n Doktorsgraad. |
| CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS |
| Assessore sal bestaan uit kundige akademiese personeel van die PU vir CHO en ander universiteite met `n minimum kwalifikasie van `n Meestersgraad, maar verkieslik `n Doktorsgraad in Stads- en Streekbeplanning. |
REREGISTRATION HISTORY |
| As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. |
| LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: |
| When qualifications are replaced, some of their learning programmes are moved to being recorded against the replacement qualifications. If a learning programme appears to be missing from here, please check the replacement. |
| NONE |
| PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: |
| This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here. |
| NONE |
| All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |