SAQA All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.
SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY 
REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: 

Bachelor of Arts Honours: Afrikaans 
SAQA QUAL ID QUALIFICATION TITLE
19331  Bachelor of Arts Honours: Afrikaans 
ORIGINATOR
University of North West 
PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY NQF SUB-FRAMEWORK
CHE - Council on Higher Education  HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework 
QUALIFICATION TYPE FIELD SUBFIELD
Honours Degree  Field 04 - Communication Studies and Language  Language 
ABET BAND MINIMUM CREDITS PRE-2009 NQF LEVEL NQF LEVEL QUAL CLASS
Undefined  120  Level 7  NQF Level 08  Regular-Provider-ELOAC 
REGISTRATION STATUS SAQA DECISION NUMBER REGISTRATION START DATE REGISTRATION END DATE
Passed the End Date -
Status was "Reregistered" 
SAQA 2663/05  2006-07-01  2009-06-30 
LAST DATE FOR ENROLMENT LAST DATE FOR ACHIEVEMENT
2010-06-30   2013-06-30  

In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise.  

This qualification does not replace any other qualification and is not replaced by any other qualification. 

PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION 
Die program Baccalaureus Artium Honores in Afrikaans is daarop gemik om studente, wat reeds 'n Baccalaureus Atium verwerf het met Afrikaans as hoofvak,geleentheid te gee om meer gespesialiseerd te groei en te ontwikkel in 'n selfgekose pakket van moontlike studieopsies wat deur die Afrikaans as groep aangebied word. Die leerder sal dus in staat wees om oor 'n verskeidenheid taal-en letterkunde onderwerpe wetenskaplik-verantwoordbaar te argumenteer. Dit sluit in sosiolingustiek, uitkomsgebaseere onderig van Afrikaans,kinder- en jeugliteratuur, kreatiewe skryfwerk, eietydse poesie, verhalende tekste en visuele geletterheid. Hierdie program sal uiteindelik kulmineer in; navorsingsprojek oor; gekose honneursopsie wat in samewerking met die relevante dosente bepaal word, en wat in die vorm van miniskripsie aangebied word. 

LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING 
'n Leerder moet in besit van 'n Baccalaureus-graad wees (NQF vlak6). 

RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? 
N 

EXIT LEVEL OUTCOMES 
Exit Level Outcomes:

1. 'n Vermoe om eietydse teoriee oor die ontstaan, ontwikkeling en sosiale interaksie van Afrikaans, wat al die varieteite insluit, krities na waarde te bepaal.
2. 'n Analiserende en integrerende vermoe om die uitkomsgebaseerde onderrig van Afrikaans binne die leerarea taal, geletterheid en kommunikasie met spesifieke klem op tweedetaalonderrig krities te evalueer, toe te pas en te verryk op intermediere en senior fase.
3. 'n Onderskeidende en evaluerende vermoe om kinder- en jeugtekste te selekteer en te evalueer met boekopvoeding as rigtinggewer.
4. 'n Teoreties- en praktiesgestruktureerde inoefening en verwerwing van skryfvaardighede wat resulteer in die produksie van kreatiewe skryfwerk in die vorm van selfgeskepte verhalende tekste, dramas of poesie.
5. 'n Waarderende insig en evaluering vir die werk van geselekteerde literere spilfigure wat verteenwoordigend is van die Afrikaanse taalgemeenskap en deel vorm van die kanon van die Afrikaanse poesie.
6. 'n Kritiese vermoe om 'n verskeidenheid komplementerende en kontrasterende karkaterverhoudinge in verhalende tekste uit te lees met spesifieke verwysing na etnisiteit en die manifestasie van rassisme in die Afrikaanse letterkunde.
7. 'n Onderskeidende insig in 'n semiotiese benadering tot visuele geletterdheid, in 'n kinematiese kodeomskrywing in beeldtekste, in die tipologie van televisietekste, en die praktiese demonstrasie van die transponering van woordteks na beeldteks.
8. 'n Sametrekking van vaardighede op 'n uitgesoekte spesialiseringsterrein in die studieveld Afrikaans wat 'n komprehensiewe aanduiding gee van verwerfde vaardighede en wat 'n saamtrekkende vermoe aandui om bevindinge te integreer en te motiveer.


Spesifieke Uitkomste:

1.1 Die leerder is in staat om eietydse ontstaansteriee rakende Afrikaans krities te evalueer en na waarde te skat.
1.2 Die leerder is in staat om die sosiale interaksie te evalueer wat onder andere verantwoordelik was vir die ontstaan van Afrikaans.
1.3 Die leerder is in staat om die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans binne 'n intertaalkonteks te beoordeel.

2.1 Die leerder is in staat om die proses van uitkomsgebaseerde onderrig rakende Afrikaans krities te analiseer integreer en te evalueer.
2.2 Die leerder is in staat om op intermediere en senior fase die onderrigproses van Afrikaans kreatief te verrykaan die hand van die ontwikkeling van kommunikatiewe vermoe.

3.1 Die leerder is in staat om gepaste kinder- en jeugtekste te selekteer en te evalueer wat 'n verskeidenheid sosiale vraagstukke aanspreek.
3.2 Die leerder is in staat om tekste metabioterapeuties te analiseer en dienooreenkomstig prakties terapie to te pas vanuit 'n Christus sentriese perspektief.

4.1 Die leerder is in staat tot 'n teoretiese en praktiese begrip van strukturele elemente rakende die produksie van 'n teks.
4.2 Die leerder is in staat om selfstandig tekste te keer in die vorm van 'n drama of 'n poesiebundel.

5.1 Die leerder is in staat om teksbydraes van literere spilfigure te analiseer en te tipeer binne die kanon van die Afrikaanse poesie.
5.2 Die leerder is in staat om die geproduseerde tekste deur die verskillende bydraers in Afrikaans tot die poesie kanon te evalueer.

6.1 Die leerder is in staat om die manifestasievorme van rassisme te bepaal vanuit 'n Christussentriese perspektief
6.2 Die leerder is in staat om karakterverhoudinge met 'n rasistiese ondertoon krities te evalueer soos wat dit in geselekteerde tekste aanbod kom.

7.1 Die leerder is in staat tot 'n duidelike begrip en uiteensetting van die grondslae van visuele geletterdheid.
7.2 Die leerder is in staat tot 'n semiotiese benaderingstrategie rakende die studieveld van visuele geletterdheid.
7.3 Die leerder is in staat tot 'n omskrywing van die kinematografiese kodes in beeldtekste.
7.4 Die leerder is in staat tot 'n tipologiese omskrywing van televisietekste.
7.5 Die leerder is in staat tot 'n teoretiese en praktiese demonstrasie van die transponering van woordteks na beeldteks.

8.1 Die leerder is in staat om met bestaande inligting en dokumentasie rakende 'n gekose studie onderwerp om te gaan.
8.2 Die leerder is in staat om verkrygde inligting en dokumentasie te orden.
8.3 Die leerder is in staat om 'n weteskaplik verantwoorde argument te voer rakende 'n onderwerp uit 'n gekose taal geskryf is. 

ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA 
1.1.1 Formuleer en beredeneer 'n korpus ontstaanteoriee rakende Afrikaans.
1.1.2 Analiseer en bepaal die waarde van die verskillende ontstaanteoriee.

1.2.1 Bespreek die rol wat sosiale interaksie en taalkontak gespeel het in die ontwikkeling van Afrikaans as Afrikataal.
1.2.2 Demonstreer 'n kritiese uiteensetting en evaluaering van die proses van akkulturasie binne die Afrikaanse taalgemeenskap.

1.3.1 Definieer die intertaalteorie en die verskillende fases tussen modertaal en teikentaalverwerwing.
1.3.2 Beoordeel en bepaal die rol van die intertaalteorie binne die varieteite van Afrikaans.


2.1.1 Ontleed die proses van die onderrig van Afrikaans vanuit 'n uitkomsgebaseerde onderrigfokus.
2.1.2 Evalueer die uitkomsgebaseerde onderrig van Afrikaanse binne die leerarea taal, geletterdheid en kommunikasie.

2.2.1 Maak 'n verrykende en kreatiewe inset op intermediere en senior fase tot die onderrig van Afrikaans vanuit 'n uitkomsgebaseerde perspektief.
2.2.2 Produseer praktiese bydraes tot die onderrig van Afrikaans met sterk klem op die onderskeie fasette van die kommunikatiewe vermoe van leerders.


3.1.1 Soek gepaste kinder- en jeugtekste wat aktuele persoonlike, gesins- en gemeenskapsvraagstukke aanspreek.
3.1.2 Bepaal die waarde van kinder- en jeugtekste rakende die hantering van sosiale vraagstukke.

3.2.1 Ontleed kinder- en jeugtekte metabiblioterapeuties.
3.2.2 Pas leerbereading en boekopvoeding toe aan die hand van geselekteerde kinder- en jeugtekste gemeet aan die Bybel as primere bron.


4.1.1 Formuleer die strukturele elemente wt in teksproduksie aandag moet geniet.
4.1.2 Oefen die strukturele elemente op mikroskaal prakties in.

4.2.1 Skep 'n verskeidenheid tekste in kleiner verband wat die spektrum van skryfstyle globaal dek.
4.2.2 Produseer 'n volledig afgeronde teks in 'n selfstandig gekose genre.


5.1.1 Onderskei en ontleed die literere poesiebydraes in die Afrikaanse letterkunde.
5.1.2 Bepaal die kanon en die waarde van die onderskeie tekste binne die sisteem van die Afrikaanse letterkunde.

5.2.1 Analiseer en sintetiseer die teksbydraes van 'n verskeidenheid digtrs wat gereken word tot die kanon van die Afrikaanse poesie.
5.2.2 Evalueer die onderskeie bydraes tot die Afrikaanse poesiekanon.


6.1.1 Stel vas en evalueer die fondamente van rassisme vanuit 'n Bybelperspektief.
6.1.2 Ondersoek die gees van kontrole as oorkoepelende faktor in rassisme.
6.1.3 Bespreek trots en vrees as merkers van rassisme en bied die korrektief aan.

6.2.1 Evalueer komplementerende en kontrasterende karakterverhoudinge en stel die oorsaak binne teksverband vas.
6.2.2 Bepaal die implikasies van etniese konflik tussen karakters binne teksverband.
6.2.3 Antisipeer moontlike korrektiewe wat rassistiese karakterbotsings kan elimineer.


7.1.1 Omskryf die studieveld, grondslae en karakteristieke eienskappe van visuele geletterheid.
7.1.2 Bepaal die nut en waarde van visuele geletterdheid.

7.2.1 Formuleer die terrein en die gepaste terminologie wat in die semiotiek gebruik word.
7.2.2 Interpreteer en konstrueer 'n semiotiese lesing van 'n verskeidenheid tekste.

7.3.1 Rangskik die visuele elemente van 'n dramatoneel.
7.3.2 Definieer en demonstreer prakties die funksie van beweing, regie en klank.

7.4.1 Tipeer die repertoire van beskikbare televisietekste.
7.4.2 Omskryf en evaueer estetiese visuele tekste, televisiereekse, televisieresies, strooisages of sepies en die situasiekomedie of sitkom.

7.5.1 Beskryf die aard en nut van visuele transponerings.
7.5.2 Illustreer die ooreenkomste op konseptuele vlakke in woord- en beeldtekste geillustreer aan die hand van praktiese voorbeelde.


8.1.1 Versamel 'n verskeidenheid inligting en dokumentasie oor 'n selfstandig gekose tema.
8.1.2 Orden en selekteer literatuur wat van toepassing is op die tema wat ondersoek word.

8.2.1 Versamel inligting wat lei tot die formulering van 'n navorsingsvoorstel.
8.2.2 Formuleer 'n navorsingsvoorstel.

8.3.1 Formuleer die probleemstelling, doel, aktualiteit, hipoteses en afbakening van die studie.
8.3.2 Produseer 'n miniskripsie oor 'n navorsingswaardige onderwerp uit die veld van Afrikaanse taal en/of letterkunde.


Integrated Assessment:

Kontinue assessering wat die volgende insluit:
  • Mondelinge demonstrasies wat sal vasstel of die leerder die inhoud van die module, die korrekte houdings en die gepaardgaande waardes wat saam met die module gaan, verwerf het.
  • Kort skriftelike opdragte wat deurlopend sal monitor of leerders die spesifieke uitkomste deel van hulle mondering gemaak het.

    'n Summatiewe drie-uur-vraestel word aan die einde van elke uitgangsvlakuitkoms en module geskryf. Formative en summatiewe assessering is voorts deur 'n uitgangsvlakuitkoms geintegreer en bestaan uit 'n miniskripsie waar leerders in staat gestel work om hulle vaardighede kontekstueel toe te pas en te demonstreer. 

  • ARTICULATION OPTIONS 
    Vertikaal gesien, is daar 'n duidelike verwantskap en 'n deurlopende kontinuiteit tussen die Honores- en Magistergraadprogram. Die Ieerder kan dus na voltooiing van die graad Baccalaureus Artium Honores (Afrikaans) vir die graad Magister Artium (Afrikaans) en daama vir die graad Doctor Litterarum registreer. 

    MODERATION OPTIONS 
  • Assessering sal gemodereer word deur interne tweede assesseerders wat spesialiste in die veld van die letterkunde, die taalkunde en uitkomsgebaseerde Afrikaansonderrig wat teorie en praktyk insluit.
  • Die program en kwalifikasies sal periodiek geevalueer word deur 'n paneel van eksterne assesseerders wat deur die Fakulteitsraad, Senaat en die Raad van die Universiteit aangestel sal word. 

  • CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS 
    Kriteria wat deur die "Higher Education Quality Committee" geidentifiseer en daargestel word, sal aangewend word. 

    REREGISTRATION HISTORY 
    As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. 

    LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: 
     
    NONE 


    PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: 
    This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here.
     
    NONE 



    All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.