|
All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |
| SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY |
| REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: |
| Master of Engineering |
| SAQA QUAL ID | QUALIFICATION TITLE | |||
| 16846 | Master of Engineering | |||
| ORIGINATOR | ||||
| University of Potchefstroom | ||||
| PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY | NQF SUB-FRAMEWORK | |||
| Was CHE until Last Date for Achievement | HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework | |||
| QUALIFICATION TYPE | FIELD | SUBFIELD | ||
| Master's Degree | Field 06 - Manufacturing, Engineering and Technology | Engineering and Related Design | ||
| ABET BAND | MINIMUM CREDITS | PRE-2009 NQF LEVEL | NQF LEVEL | QUAL CLASS |
| Undefined | 136 | Level 8 and above | NQF Level 09 | Regular-Provider-ELOAC |
| REGISTRATION STATUS | SAQA DECISION NUMBER | REGISTRATION START DATE | REGISTRATION END DATE | |
|
Passed the End Date - Status was "Reregistered" |
SAQA 2663/05 | 2006-07-01 | 2009-06-30 | |
| LAST DATE FOR ENROLMENT | LAST DATE FOR ACHIEVEMENT | |||
| 2010-06-30 | 2013-06-30 | |||
| In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise. |
This qualification is replaced by: |
| Qual ID | Qualification Title | Pre-2009 NQF Level | NQF Level | Min Credits | Replacement Status |
| 72803 | Master of Engineering | Level 8 and above | NQF Level 09 | 136 | Complete |
| PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION |
| Die doel van die kwalifikasie is in die eerste plek om aan leerders wat reeds oor 'n graad in ingenieurswese of 'n honneursgraad in ingenieurswetenskappe of gelykwaardige kwalifikasie beskik:
Tweedens, is die doel van die program om Suid-Afrika van spesialis ingenieurs te voorsien en sodoende by te dra tot die versterking van ons leierskapsbasis ten opsigte van innoverende en kennisgebaseerde tegnologiese en ekonomiese aktiwiteite. Hierdie spesialis ingenieurs sal oor diepgaande kennis van en vaardigheid in hul gekose spesialiteitsgebiede beskik asook oor die vermoe om projekte selfstandig en op 'n wetenskaplik wyse uit te voer. Die volgende bane word binne die M.lng. program aangebied: |
| LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING |
| Behoudens uitsonderings wat die Senaat mag goedkeur, word 'n student slegs toegelaat tot hierdie graad indien hy 'n vierjarige Baccalaureusgraad in lngenieurswese of 'n Baccalaureus Honneurs in die lngenieurwetenskappe verwerf het of tot die status daarvan toegelaat is.
'n Student wat die graad Baccalaureus Honneurs in die Natuurwetenskappe verwerf het, of tot die status daarvan toegelaat is, kan deur die Senaat, na voltooiing van sodanige kursusse as wat die Direkteur noodsaaklik ag, of op grond van die suksesvolle aflegging van 'n tentamen oor 'n bepaalde vakgebied soos deur die Direkteur met die instemming van 'n eksterne eksaminator bepaal, tot die Magisterstudie in lngenieurswese toegelaat word. |
| RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? |
| N |
| EXIT LEVEL OUTCOMES |
| Uittreevlakuitkomste
Die kwalifiseerder in hierdie program sal die volgende spesifieke uitkomste bereik: Uitkoms 1: oor diepgaande kennis van en vaardigheid in 'n gekose spesialiteitsgebied beskik; Uitkoms 2: oor die vermoe beskik om op 'n hoe vlak kreatiewe, prosedurele en nie-prosedurele ontwerp en sintese van komponente, stelsels, produkte en prosesse te kan onderneem; Uitkoms 3: oor die vermoe beskik om 'n spesifieke onderwerp in die gekose spesialiteitsrigting selfstandig af te handel en in 'n wetenskaplik aanvaarbare vorm aan te bied. Die uitkomste soos beskryf by die Baccalaureus in Ingenieurswese word in hierdie program verder verfyn en finaal afgerond. Hierdie uitkomste is soos volg: 1. Ingenieursprobleemoplossing Die B.Ing graduatus is bevoeg om konvergerende en divergerende ingenieursprobleme te kan identifiseer, te assesseer, te formuleer en innoverend op te los. 2. Toepassing van fundamentele en spesialiskennis Die B.Ing graduatus is bevoeg om kennis van wiskunde, basiese wetenskappe en ingenieurs-wetenskappe vanuit eerste beginsels te kan toepas om ingenieursprobleme op te los. Dit behels die volgende: a. Pas kennis van wiskunde, numeriese metodes en statistiese metodes toe om ingenieursprobleme op te los deur toepaslike kombinasie van: i. Formele analise en modellering van ingenieurskomponente, stelsels en prosesse. ii. Kommunikeer konsepte, idees en teorie met behulp van wiskunde. iii. Beredenering met betrekking tot en konseptualisering van ingenieurs-komponente, stelsels en prosesse deur gebruik te maak van wiskundige konsepte. iv. Aanspreek van onsekerheid en risiko deur gebruik te maak van waarskynlike en statistiek. b. Gebruikmaking van fisiese wette en kennis van die fisiese wereld as basis van die ingenieurswetenskappe in die oplos van ingenieursprobleme deur 'n toepaslike kombinasie van: i. Formele analise en modellering van ingenieurskomponente, stelsels en prosesse deur gebruik te maak van beginsels en kennis in die basiese wetenskappe. ii. Beredenering met betrekking tot en konseptualisering van ingenieurs-komponente, stelsels en prosesse deur gebruik te maak van beginsels in die basiese wetenskappe. c. Gebruikmaking van die tegnieke, beginsels en wette van die ingenieurs-wetenskappe op 'n fundamentele vlak, en in ten minste een spesialisasieveld, om: i. Laterale ingenieursprobleme te kan identifiseer en op te los. ii. Ingenieurstoepassing te kan identifiseer en aanpak. iii. Oor grense van ingenieursdissiplines deur interdissiplinere geletterdheid en gemeenskaplike fundamentele kennis te kan werk. 3. Ingenieursontwerp en sintese Die B.Ing. graduatus is bevoeg om kreatiewe, prosedurele en nie-prosedurele ontwerp en sintese van komponente, stelsels, produkte en prosesse te kan onderneem. Dit behels die volgende: a. Identifiseer en formuleer die ontwerpprobleem ten einde die behoefte van die gebruiker te bevredig binne die raamwerk van toepaslike standaarde, praktykskodes en wetgewing. b. Beplanning en bestuur van die ontwerpsproses: fokus op belangrike kwessies, herken en hanteer beperkings. c. Inwin en evalueer die nodige kennis, inligting en hulpbronne: pas die korrekte beginsels toe, evalueer en gebruik ontwerpgereedskap. d. Uitvoering van ontwerptake insluitende: analise, kwantitatiewe modellering en optimering. e. Evalueer alternatiewe en die voorkeur oplossing: oefen oordeel uit, toets implementeerbaarheid en doen tegno-ekonomiese analise. f. Assesseer die impak en voordele van die ontwerp; sosiaal, regsimplikasies, gesondheid, veiligheid en omgewing. g. Kommunikeer die ontwerpslogika en informasie. 4. Ondersoek eksperimente en data-analise Die B.Ing. graduatus is bevoeg om: a. Navorsingsmetodes te kan toepas. b. Eksperimente te kan beplan en uit te voer deur gebruikmaking van toepaslike toerusting. c. Data te kan analiseer, te interpreteer en inligting uit die data te kan aflei. 5. Ingenieursmetodes, vaardighede, gereedskap en informasie-tegnologie Die B. Ing. graduatus is bevoeg om: a. Toepaslike ingenieursmetodes, vaardighede en gereedskapstukke te kan gebruik en die resultate wat dit lewer te kan assesseer. b. Rekenaarpakkette te kan gebruik vir berekening, modellering, simulasie en informasiehantering. Dit behels: i. assessering van die toepaslikheid en bepekrings van die pakket; ii. behoorlike toepassing en bedryf vna die pakket; iii. kritiese toetsing en assessering van die resultate wat deur die pakket gelewer word. c. Rekenaars, netwerke en informasiestelsels te kan gebruik vir die assessering, prosessering, bestuur en berging van inligting ten einde persoonlike produktiwiteit en spanwerk te bevorder. d. Rekenaartoepassings soos benodig in die verskillende ingenieurs-dissipline te kan ontwikkel. e. Basiese tegnieke en kennis op die gebiede van ekonomie, besigheids-bestuur, gesondheid, veiligheid en omgewingsbewaring in die ingenieurs-praktyk te kan laat geld. 6. Professionele en algemene kommunikasie Die B.Ing. graduatus is bevoeg om: a. Beide mondeling en skriftelik effektief te kan kommunikeer met ingenieursgehore en die gemeenskap in die bree deur gebruik te maak van toepaslike struktuur, styl en grafiese ondersteuning. b. Metodes van inligtingsverskaffing aan andere wat by ingenieurs-aktiwiteite betrokke is, te kan gebruik. 7. Impak van ingenieursaktiwiteite op die gemeenskap en omgewing Die B.Ing. graduatus is krities bewus van: a. Die impak van ingenieursaktiwiteite op die gemeenskap en omgewing; b. Die behoefte om die volgende aspekte te oorweeg tydens ingenieurs-analise en -ontwerp: i. Die impak van tegnologie op die gemeenskap; ii. Die persoonlike, sosiale, kulturele waardes en vereistes van diegene wat geraak word deur ingenieursaktiwiteite. 8. Spanwerk en multidissiplinere samewerking Die B.Ing. graduatus is bevoeg om effektief as individu en as deel van 'n span binne 'n multidissiplinere omgewing te kan werk, leiding te kan gee en kritieke take kan verrig. 9. Lewenslange leer Die B.Ing. graduatus verstaan die belangrikheid daarvan om sy/haar bevoegdheid deurlopend te onderhou en op hoogte te bly met die nuutste gereedskapstukke en tegnieke en is bevoeg om betrokke te raak by lewenslange lees deur goed ontwikkelde leervaardighede. 10. Professionele etiek en praktyk Die B.Ing. graduatus is krities bewus van die nodigheid om altyd professioneel en eties korrek op te tree en verantwoordelikheid binne sy/haar beperkings en bevoegdhede te aanvaar en is bevoeg om goeie oordeel ooreenkomstig kennis en ondervinding te kan uitoefen. |
| ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA |
| 1. Die leerder moet hiervan bewys lewer deur in selfwerkopdragte en/of 'n eksamenvraestel in die gekose vakkursusse en/of deur die verhandeling / skripsie relevante probleme in sy/haar gekose spesialiteitsgebied te identifiseer, te assesseer, te formuleer en innoverend met behulp van die toepaslike tegnieke op te los.
2. Die leerder moet hiervan bewys lewer in die verhandeling / skripsie deurdat die verhandeling / skripsie hoe vlak ontwerp en/of sintese van komponente en/of stelsels en/of produkte insluit. 3. Die leerder moet hiervan bewys lewer in die verhandeling/skripsie deurdat die verhandleing/skripsie voldoen aan die vereistes wat gestel word vir die korrekte toepassing van die navorsingsmetodiek sowel as wetenskaplik korrekte verslagdoening van hoe gehalte. Geintegreerde assessering: Formatiewe en summatiewe evaluering vind op 'n geintegreerde wyse plaas. Gedurende die verloop van die kursus word daar van die volgende formatiewe assesseringsmetodes gebruik gemaak: Summatiewe evaluering vind op die volgende wyses plaas: |
| ARTICULATION OPTIONS |
| Hierdie kwalifikasie verleen toegang tot studie vir 'n doktorsgraad in ingenieurswese. |
| MODERATION OPTIONS |
| Vir elke eksamen sowel as die verhandeling/skripsie word interne eksaminatore en eksterne moderators deur die Senaat benoem. Eksterne moderators word op grond van hulle besondere kundigheid benoem. |
| CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS |
| Slegs akademiese personeel van die PU vir CHO word as assessors gebruik. Personeel word op grond van vakkundige en assessorskundigheid benoem en ontvang ook verdere opleiding daarin van die universiteit.
Die minimum kwalifikasie waaroor assessors beskik is soos volg: |
REREGISTRATION HISTORY |
| As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. |
| LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: |
| When qualifications are replaced, some of their learning programmes are moved to being recorded against the replacement qualifications. If a learning programme appears to be missing from here, please check the replacement. |
| NONE |
| PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: |
| This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here. |
| NONE |
| All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |