SAQA All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.
SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY 
REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: 

Master of Arts: Afrikaans 
SAQA QUAL ID QUALIFICATION TITLE
15849  Master of Arts: Afrikaans 
ORIGINATOR
University of North West 
PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY NQF SUB-FRAMEWORK
CHE - Council on Higher Education  HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework 
QUALIFICATION TYPE FIELD SUBFIELD
Master's Degree  Field 04 - Communication Studies and Language  Communication Studies 
ABET BAND MINIMUM CREDITS PRE-2009 NQF LEVEL NQF LEVEL QUAL CLASS
Undefined  180  Level 8 and above  NQF Level 09  Regular-Provider-ELOAC 
REGISTRATION STATUS SAQA DECISION NUMBER REGISTRATION START DATE REGISTRATION END DATE
Passed the End Date -
Status was "Reregistered" 
SAQA 2663/05  2006-07-01  2009-06-30 
LAST DATE FOR ENROLMENT LAST DATE FOR ACHIEVEMENT
2010-06-30   2013-06-30  

In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise.  

This qualification does not replace any other qualification and is not replaced by any other qualification. 

PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION 
Die doel met die gedoseerde MA is om leerders toe te rus met spesifieke vaardighede rakende uitkomsgebaseerde onderig van Afrikaans. Die klem sal allereers val op die ontwikkeling van kommunikatiewe vermoe aan die hand van 'n verskeidenheid modelle, sieninge rakende die intertaalteorie en die belangrikheid en funksionering van metakognisie binne Atikaans tweedetaal verwerwing. Vervolgens sal uitkomsgebaseerde onderrig en die Christenopvoeder en leerder aanbod kom. Daama sal meta-Biblioterapie en die funksionering van so 'n praktiese werkwyse binne die klaskamer onder die loep geneem word. Laastens sal van leerders verwag word om 'n miniverhandeling te skryf rakende 'n onderwerp uit die aangebode korpus van modules. 

LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING 
'n Leerder moet in besit van 'n Baccalaureus Honores-graad wees (NQF vlak 7). 

RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? 

EXIT LEVEL OUTCOMES 
Uitgangsvlakuitkoms:

1. 'n Analiserende vermoe om die funksionaliteit van metakognisie binne die proses van tweedetaalkverwerwing en die ontwikkeling van kommunikatiewe vaardighede vas te stel met inagneming van die intertaalkonteks.

2. 'n Kritiese en evaluerende ondersoek na uitkomsgebaseerde onderrig binne die leerarea taal, geletterdheid en kommunikasie met spesifieke verwysing na tekste, en die implikasies wat dit inhou vir die Afrikaansopvoeder en Afrikaansleerder.

3. 'n Onderskeidende insig in die proses va interaksie tussen die boekkarakter as gees, siel en liggaam met inagneming van die meta-Biblioterapeutiese genesingsproses, beide vir karakter en leser, toegepas aan die hand van relevante sosiale vraagstukke wat in kinder- en jeugtekste manifesteer.

4. 'n Sametrekkiing van vermoeens op die terrein van die onderrig van Afrikaans wt 'n komprehensiewe aanduiding gee van vaardighede, waardes en houdings, en wat 'n krities evaluerende en kreatiewe vermoe aandui om onderriggerigte bevindinge selfstandig te integreer, te kreeer en te motiveer.


Spesifieke uitkomste:

1.1 Die leerder is in staat om analities vas te stel wat die funksionaliteit is van metakognisie binne 'n tweedetaalkonteks.
1.2 Die leerder is in staat om vanuit 'n intertaalkonteks die proaktiewe proses van metakognisie binne die ontwikkeling van kommunikatiewe vaardighede vas te stel en vir leerlinge aan te leer.

2.1 Die leerder is in staat om wetenskaplikverantwoordbaar die funksionaliteit van uitkomsgebaseerde Afrikaansonderrig vas te stel.
2.2 Die leerder is in staat om die implikasies van uitkomsgebaseerde Afrikaansonderrig vir opvoeder en leerder binne klaskamerverband vas te stel en aan te spreek.

3.1 Die leerder is in staat om die interaksie tussen die gees, siel en liggaam in karakters te definieer en die funksionering te bepaal aan die hand van die Bybel as primere teks.
3.2 Die leerder is in staat om die meta- proses aan die hand van willekeurig gekose sosiale vraagstukke, wat in Afrikaanse kinderen jeugtekste aangespreek word, te implementeer en te fasiliteer.

4.1 Die leerder is in staat om met bestaande inligting en dokumentasie rakende spesifieke dissiplines van die onderrig van Afrikaans om te gaan.
4.2 Die leerder is in staat om verkrygde inligting en dokumentasie te verwerk, te sistematiseer en te integreer.
4.3 Die leerder is in staat om 'n wetenskaplik verantwoorde argument te voer rakende 'n onderwerp uit die veld van onderrig wat 'n verruimende en praktiese bydrae is. 

ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA 
1.1.1 Definieer die belangrikheid van metakognisie en metaleer binne die leerarea taal, geletterdheid en kommunikasie.
1.1.2 Bepaal die funksionaliteit van metakognisie binne die proses van tweedetaalverwerwing en gestelde uitkomste.

1.2.1 Omskryf en verduidelik metakognisie as 'n proaktiewe proses.
1.2.2 Stel die nut en waarde van metakognisie vas aan die hand van kommunikatiewe taalverwerwingsmodelle wat vir die onderrig van Afrikaans as tweedetaal gebruik kan word.


2.1.1 Omskryf uitkomsgebaseerde onderrig met spesifieke verwysing na die leerarea taal, geletterdheid en kommunikasie.
2.1.2 Bepaal die funksionaliteit van uitkomsgebaseerde onderrig in die Afrikaanse klaskamer.

2.2.1 Evalueer en verryk uitkomsgebaseerde Afrikaansonderrig met opvoeder en leerder as teikens.


3.1.1 Definieer die betekenis en funksionaliteit van die gees-, siel- en liggaamsdimensie van die mens aan
die hand van die Bybel en ander bronne.
3.1.2 Bepaal die wisselwerking tussen die karakter as gees, siel en liggaam, die interaksie met ander karakters, en die implikasies wat dit vir die leser inhou met bepaalde sosiale vraagstukke as vertrekpunt.

3.2.1 Omskryf die studieveld van meta-Biblioterapie.
3.2.2 Bepaal en fasiliteer die meta-Biblioterapeutiese leesproses aan die hand van kinderBiblioterapeutiese en jeugtekste.


4.1.1 Versamel 'n verskeidenheid inligting en dokumentasie oor 'n selfstandig gekose tema wat klaskamerimplementering as moontlikheid besit.
4.1.2 Orden en selekteer literatuur wat van toepassing is op die tema wat ondersoek word.

4.2.1 Analiseer en integreer die verkrygde inligting wat lei tot die formulering van 'n navorsingsvoorstel.
4.2.2 Formuleer 'n navorsingsvoorstel.

4.3.1 Argumenteer en formuleer die probleemstelling, doel, aktualiteit, hipoteses en afbakening van die studie.
4.3.2 Produseer 'n miniverhandeling oor 'n onderwerp in die veld van die onderrig van Afrikaans.


Integrated assessment:

Kontinue assessering wat die volgende insluit:
  • Mondelinge demonstrasies wat sal vasstel of die leerder die inhoud van die module, die korrekte houdings en die gepaardgaande waardes wat saam met die module gaan, verwerf het;
  • Kort skriftelike opdragte wat deurlopend sal monitor of leerders die spesifieke uitkomste as deel van hulle mondering gemaak het.

    'n Summatiewe drie-uur-vraestel word aan die einde van elke uitgansvlakuitkoms en module geskryf. Formatiewe en summatiewe assessering is voorts deur 'n uitgangsvlakuitkoms geintegreer en bestaan uit 'n miniverhandeling waar leerders in staat gestel word om hulle vaardighede kontekstueel toe te pas en te demonstreer. 

  • ARTICULATION OPTIONS 
    Vertikaal gesien, is daar 'n duidelike verwantskap en 'n deurlopende kontinuiteit tussen die Honores-en Magistergraadprogram. Die leerder kan dus na voltooiing van die graad Magister Artium vir die graad Doctor Litterarum registreer. 

    MODERATION OPTIONS 
  • Assessering sal gemodereer word deur inteme tweede assesseerders wat spesialiste is in die veld van die letterkunde, die taalkunde en die onderrig van Afrikaans wat teorie en praktyk insluit.
  • Die program en kwalifikasie sal periodiek geevalueer word deur 'n paneel van eksteme assesseerders wat deur die Fakulteitsraad, Senaat en die Raad van die Universiteit aangestel sal word. 

  • CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS 
    Kriteria wat deur die "Higher Education Quality Committee " geidentitiseer en daargestel word, sal aangewend word. 

    REREGISTRATION HISTORY 
    As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. 

    LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: 
     
    NONE 


    PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: 
    This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here.
     
    NONE 



    All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.