|
All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |
| SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY |
| REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: |
| Postgraduate Diploma: Philosophy |
| SAQA QUAL ID | QUALIFICATION TITLE | |||
| 15405 | Postgraduate Diploma: Philosophy | |||
| ORIGINATOR | ||||
| University of Potchefstroom | ||||
| PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY | NQF SUB-FRAMEWORK | |||
| Was CHE until Last Date for Achievement | HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework | |||
| QUALIFICATION TYPE | FIELD | SUBFIELD | ||
| Postgraduate Diploma | Field 07 - Human and Social Studies | General Social Science | ||
| ABET BAND | MINIMUM CREDITS | PRE-2009 NQF LEVEL | NQF LEVEL | QUAL CLASS |
| Undefined | 128 | Level 7 | Level TBA: Pre-2009 was L7 | Regular-Provider-ELOAC |
| REGISTRATION STATUS | SAQA DECISION NUMBER | REGISTRATION START DATE | REGISTRATION END DATE | |
|
Passed the End Date - Status was "Reregistered" |
SAQA 2663/05 | 2006-07-01 | 2009-06-30 | |
| LAST DATE FOR ENROLMENT | LAST DATE FOR ACHIEVEMENT | |||
| 2010-06-30 | 2013-06-30 | |||
| In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise. |
This qualification is replaced by: |
| Qual ID | Qualification Title | Pre-2009 NQF Level | NQF Level | Min Credits | Replacement Status |
| 72816 | Postgraduate Diploma: Philosophy | Level 7 | NQF Level 08 | 128 | Complete |
| PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION |
| Die doel van die Nagraadse Diploma in Filosofie is om afgestudeerde studente:
Eerstens, toe te rus met kennis op universiteitsdiplomastandaard (vlak 7) oor 'n wye spektrum van basiese filosofiese kennis van die hedendaagse kultuur, wetenskap en sosiale lewe, wat hulle in staat sal stel om die verworwe kennis in sowel beroeps- as die persoonlike situasie aan te wend, asook onafhanklike verdere filosofiese deurdenking van probleme sowel in die wetenskap, die beroep, en die bree kulturele en persoonlike lewe te onderneem. Tweedens, basiese kennis en vaardighede te verskaf om die komplekse sosiale samelewing van Suid-Afrika beter te verstaan en om politieke-, sosiale, bestuurs- en konstruktiewe, verantwoordelike professionele bydrae in die komplekse samelewing van Suid-Afrika te lewer. Derdens, 'n geestes- en sosiaal-wetenskaplike marksegment te plaas waar hulle as leiers en bestuurders in die bree kulturele en wetenskaplike lewe 'n kundige en konstruktiewe verantwoordelike professionele bydrae in die komplekse samelewing van Suid-Afrika te lewer. Vierdens, te bemagtig om toekomstige leiers in die samelewing te wees deur analitiese en teoretiese vaardighede deel van hul opvoedingsmondering te maak ten einde geidentifiseerde probleme te beskryf, te ontleed, te verstaan, te verklaar, te interpreteer, te kommunikeer. Vyfdens, van die nodige vaardighede te voorsien om leiers in die wetenskap, die kultuur en die professionele konteks te wees, wanneer daar fundamentele vrae van 'n lewensbeskoulike, etiese of 'n bedryfskulturele aard gestel word, of wanneer oor ideologiese grense heen onderhandel moet word, of ook wanneer 'n kultuur van toleransie bevorder moet word. Sesdens, om studente van die nodige filosofiese onderbou te voorsien om vooronderstellings van wetenskap en praktyk te kan uitlig; ideologiese, lewensbeskoulike en filosofiese vooronderstellings in wetenskap en praktyk krities te kan evalueer; die rol waardes in die wetenskap en die praktyk te kan verstaan en krities in die werk te kan stel; metodies te kan dink en analiseer asook leiding met teorievorming te kan neem. |
| LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING |
| 'n Eerste B-graad ('n vlak 6 sertifikaat) of die ekwivalent daarvan.
Erkenning van vorige leer Die onderrigkomitee van die Fakulteit hanteer die evaluering van vorige leer. |
| RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? |
| Y |
| EXIT LEVEL OUTCOMES |
| 1. Spesifieke Uittreevlakuitkomste
'n Afgestudeerde Nagraadse Diploma in Filosofiestudent in die Skool vir Sosiale Studies sal spesifiek daartoe in staat wees: 1.1 Om eerstens sosiaal-filosofiese, lewensbeskoulike ideologiese en waardeprobleme waarmee wetenskaplikes, universiteitsgemeenskappe, en die bree gemeenskap te doen mag kry innoverend te kan identifiseer, te verstaan, binne bepaalde raamwerke te kan plaas en kreatief te kan oplos. Assesering: die geskrewe of mondelinge formulering van probleme en oplossings daarvoor in tutoriaalverband. 1.2 Om tweedens met die nodige teoretiese en filosofiese kennis en toepaslike kognitiewe vaardighede in sowel kulturele, wetenskaplike en professionele situasies: 1.2.1 die waardes en norme van gemeenskappe te kan bepaal en in ag te neem wanneer vraagstukke op 'n menswaardige wyse aangespreek word. Assessering: die studente bepaal mondeling of skriftelik onderliggende waardes in gesprek, koerantknipsel of ander geskikte literatuur. 1.2.2 krities en innoverend te kan dink en ondergeskiktes te kan lei om sosiale sake te spreek. Assessering: 'n opstel skryf waarin die wysgerige beginsels vir die oplossing van 'n spesifieke sosiale probleem uiteengesit word. 1.2.3 sosiale prosesse en kulturele diversiteit in hulle historiese, filosofiese konteks te begryp. Assessering: skryf 'n toets waarin die histories-filosofiese en/of ideologiese konteks van 'n sosiale probleem getoets word. 1.2.4 die wetenskap in die konteks van die samelewing en kultuur te kan begryp en krities vernuwend daarop te kan inwerk. Assessering: skryf 'n verduidelikende opstel waarin die samelewings- en kulturele konteks van 'n besondere probleem uiteengesit word. 1.2.5 die lewensbeskoulike, ideologiese en filosofiese kontekste van intellektuele idees te kan begryp en krities-vernuwend daarop te kan inwerk. Assessering: 'n geskrewe toets oor die herkoms van idees, en geskrewe opstelle waarin krities-konstruktief idees ontwikkel word. 2. Kritieke uittreevlakuitkomste 2.1 Die Nagraadse Diploma in Filosofie afgestudeerde sal eerstens daartoe in staat wees om aan die hand van bestaande filosofiese en ander teoriee die werklikheid soos dit hom presenteer (in besonder die sosiale werklikheid) te ontleed en verstaan: 2.1.1 Deur sowel in die bree lewenskonteks en in die beroepskonteks op alle vlakke probleme rakende waardes en norme te kan uitlig en in onder andere vanuit 'n Afrikakonteks in verband te sien met soortgelyke probleme internasionaal en om filosofiese oplossings en alternatiewe aan te bied. Assessering: 'n opstelprojek waarin die student verduidelik hoe 'n fundamentele waarde soos menswaardigheid of vryheid tot reg gebring sal word in die konteks van sy beoogde beroep. 2.1.2 Deur die menswaardigheidsaspekte van die burgerlike samelewing vanuit 'n Christelike perspektief te bestudeer en oplossings te bied. Assessering: toets kennis van die instellings van die burgerlike samelewing deur 'n formele toets, asook tutoriaal of seminaaraanbieding oor die oplossings van besondere menswaardigheidsprobleme. 2.1.3 Deur sosiale en kulturele vraagstukke in filosofiese verband te verstaan en oplossings aan te bied. Assessering: die student toon die vermoe om die filosofiese konteks van sosio-kulturele vraagstukke deur analise daarvan in 'n beoordeelde tutoriaal. 2.1.4 Deur die lewensbeskoulike, ideologiese en filosofiese vooroordele en vooronderstellings van intellektuele idees asook praktiese beleid te identifiseer en krities en vernuwend daarop in te werk. Assessering: die student toon die vermoe om die vooronderstellings van idees en beleid te identifiseer deur die transendentale analise van 'n beleidstuk in die vorm van 'n opstel. 2.2 Die Nagraadse Diploma in Filosofie afgestudeerde sal tweedens daartoe in staat wees om intellektueel bo die beperkinge van sy situasie uit te kyk en verantwoordelike voorstelle te doen: 2.2.1 Deur met behulp van verantwoordelike teoretisering en abstrakte denke probleme en oplossings in 'n wye konteks te beskou, en so by te dra tot oplossings wat verantwoordelik teenoor die natuur, die omgewing en die medemens is. Assessering: die student toon die vermoe tot abstrakte teorievorming deur die skriftelike analise van teoretiese dokumente, en deur self skriftelik verbeeldingryk abstrak te dink. 2.2.2 Deur die beginsels van kreatiewe, kritiese en logiese denke te begryp en toe te pas. Assessering: die student toon die vermoe of logies te dink deur tuisoefeninge in kreatiewe en logiese tegnieke wat skriftelik ingehandig word. 2.2.3 Deur die beginsels van toleransie in 'n multikulturele samelewing met waardeverskeidenheid en godsdienstige verskeidenheid te begryp. Assessering: hoofsaaklik gebaseer op tutoriaal of seminaarstuk deur die student aangebied. 2.2.4 Deur nuwe teoriee in die filosofie en vakwetenskappe, en nuwe beleidsrigtings en praktyke in die bree lewenskonteks, te beoordeel en filosofiese leiding daaroor te bied. Assessering: die student doen probleemanalise en voorgestelde teoretiese oplossings in die vorms van 'n opstel wat in seminaar of tutoriaal-formaat bespreek kan word. 2.2.5 Deur 'n sterker ontwikkelde sin vir die problematiek van 'n menseregtekultuur en dieper begrip van die burgerlike samelewing in sy veelvormigheid. Assessering: geevalueerde gesprek, tutoriaal of seminaar, asook formele toets of eksamen. 2.3 Die Nagraadse Diploma in Filosofie afgestudeerde sal derdens in staat wees tot 'n beter gehalte wetenskapsbeoefening en intellektuele denke. 2.3.1 Deur 'n beter begrip van die beginsels van logiese, metodiese en kreatiewe denke. Assessering: skriftelike oefeninge in, logiese analise en kreatiewe strategiee, asook geevalueerde klasbespreking. 2.3.2 Deur die beskikking oor 'n veel ruimer denkkonteks (wat die internasionale sowel as die Afrikadenkonteks insluit). Assessering: geevalueerde klasbespreking en opstelle oor kulturele dokumente uit 'n verskeidenheid agtergronde. 2.3.3 Deur 'n sterker ontwikkelde sin vir vraagstelling en hipotetiese denke. Assessering: die skriftelike opstel van vraagstellings en oplossingsuggesties vir beoordeling deur die portiergroep en die dosent. |
| ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA |
| Geintegreerde assessering
Om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word sal deurlopende evaluering plaasvind wat op die volgende wyses toegepas sal word: 1. Modulere toetse. 2. Geskrewe eksamens. 3. Oefeninge sal gedoen moet word en ingedien word. 4. Mondelingse voordragte. 5. Denk-eksperimente. 6. Skriftelike werkopdragte in opstelformaat. 7. Self-evaluerings en evaluasies deur mede-studente sal plaasvind. |
| ARTICULATION OPTIONS |
| Die nagraadse diploma word as gelykstaande aan 'n hoofvak vir 'n B-graad geag, en gee toelating tot Honneurs in Filosofie. (Indien die student ook ander nagraadse kwalifikasies besit, en uitnemend presteer kan Honneurstatus oorweeg word). |
| MODERATION OPTIONS |
| Vir elke eksamen word interne eksaminatore en interne moderatore deur die fakulteitsrade benoem. Waar nodig benoem die fakulteitsraad eksterne moderatore en of eksaminatore om sowel die standaard van die kwalifikasie te evalueer as die billikheid van die beoordeling van studente. |
| CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS |
| Slegs akademiese personeel van die universiteit sal op grond van assesseringskundigheid as assessors optree. |
REREGISTRATION HISTORY |
| As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. |
| NOTES |
| 'n Gespesialiseerde Kwalifikasie. |
| LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: |
| When qualifications are replaced, some of their learning programmes are moved to being recorded against the replacement qualifications. If a learning programme appears to be missing from here, please check the replacement. |
| NONE |
| PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: |
| This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here. |
| NONE |
| All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |