|
All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |
| SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY |
| REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: |
| Doctor of Laws |
| SAQA QUAL ID | QUALIFICATION TITLE | |||
| 13796 | Doctor of Laws | |||
| ORIGINATOR | ||||
| University of Potchefstroom | ||||
| PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY | NQF SUB-FRAMEWORK | |||
| CHE - Council on Higher Education | HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework | |||
| QUALIFICATION TYPE | FIELD | SUBFIELD | ||
| Doctoral Degree | Field 08 - Law, Military Science and Security | Justice in Society | ||
| ABET BAND | MINIMUM CREDITS | PRE-2009 NQF LEVEL | NQF LEVEL | QUAL CLASS |
| Undefined | 896 | Level 8 and above | NQF Level 10 | Regular-Provider-ELOAC |
| REGISTRATION STATUS | SAQA DECISION NUMBER | REGISTRATION START DATE | REGISTRATION END DATE | |
|
Passed the End Date - Status was "Reregistered" |
SAQA 2663/05 | 2006-07-01 | 2009-06-30 | |
| LAST DATE FOR ENROLMENT | LAST DATE FOR ACHIEVEMENT | |||
| 2010-06-30 | 2013-06-30 | |||
| In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise. |
This qualification does not replace any other qualification and is not replaced by any other qualification. |
| PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION |
| Om die gevordere leerder in 'n deeglik ontwerpte individuele navorsings-program te begelei tot die skryf van 'n proefskrif waardeur daar deur grondige navorsing 'n oorspronklike bydrae gemaak word tot die regswetenskap. Die leerder verwerf daardeur die hoogste akademiese status en dra by tot die uitbreiding van fundamentele kennis van die reg en tot regsontwikkeling. |
| LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING |
| 1. Toelatingsvereistes:
LLB in die vorige formaat van 'n tweede baccalaureusgraad, of die LLM met minstens 96 kredietpunte op NKR-vlak 8. 2. Aannames oor spesifieke vaardighede: Die vermoe om regskennis selfstandig te vind, sodanige kennis outonoom te integreer en basiese navorsingsmetodologiese vaardighede word op grond van die toelatingsvereistes veronderstel. 3. Erkenning wat aan vorige leer verleen kan word: Erkenning kan verleen word aan buitelandse regskwalifikasies wat as ekwivalent van die Suid-Afrikaanse LLB of LLM gesertifiseer is. |
| RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? |
| Y |
| EXIT LEVEL OUTCOMES |
| 'n Kwalifiseerder moet by uittrede uit die program: -
1. bewys lewer van deeglike beheersing van toepaslike navorsings-vaardighede, deur onder meer 'n tersaaklike, lewensvatbare navorsingstema te formuleer en dit aan die hand van 'n helder navorsingstema te motiveer, uitgangspunte, veronderstellings en probleemstelling te motiveer, hipoteses te ontwikkel, 'n raamwerk vir die probleemoplossing daar te stel en 'n uitvoerbare navorsingsprogram te ontwerp; 2. oor die vermoe beskik om toepaslike bronnemateriaal te vind, sinvol met kundiges op die terrein van die navorsing saam te werk en die tersaaklikheid van uiteenlopende gegewens wat op die navorsingstema van toepassing is, te integreer en selfstandige standpunte daaroor in te neem; en 3. aan die hand van die proefskrif bewys lewer dat hy of sy met die metode van navorsing wat op vlak 8 vir die doktorale status vereis word, vertroud is; en 4. 'n afgeronde en gespesialiseerde regswetenskaplike wees. |
| ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA |
| Kwalifiseerders moet aan die einde van die studie bereid en in staat wees om:
1. krities, kreatief en probleemoplossend te kan dink; 2. effektiewe en verantwoordelike selfbestuur en die bestuur van eie wetrenskaplike aktiwiteite toe te pas; 3. regskennis selfstandig te ontsluit, te versamel, te orden, te integreer en dit krities te evalueer en toe te pas; 4. kennis wetenskaplik te kan kommunikeer deur effektiewe aanwending van taalvaardighede in mondelinge sowel as skriftelike aanbiedings; 5. om sodanige insig in die wereld as 'n versameling verwante stelsels te openbaar dat hulle in staat is om, waar toepaslik, transdissiplinere raakpunte in die proses van probleemoplossing te identifiseer en hulle optrede dienooreenkomstig te beplan en in te rig; 6. die verworwe vakkundige vaardighede in 'n werksomgewing te implementeer en in die besonder om mense uit verskillende en uiteenlopende taal-, kulturele- etniese en religieuse agtergronde te begelei en te adviseer, gekoppel met 'n kulturele en estetiese sensitiwiteit vir die multikulturele karakter van die plaaslike, nasionale en wereldwye gemeenskap. 7. grondwetlike waardes, met besondere verwysing na die waardes vervat in artikel 1 en die Handves van Regte in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 in die beroepslewe te respekteer en toe te pas; 8. om in hulle persoonlike en beroepslewe met integriteit, noukeurigheid en presiesheid te funksioneer, ook teen die agtergrond van die Universiteit se standpunte oor roepingsvervulling, diensbaarheid en wetenskapsbeoefening en hulle werksetiek dienooreenkomstig te rig; 9. om in hulle persoonlike en beroepslewe respek vir die medemens, die skepping en gesag te openbaar, gedra deur prinsipiele denke wat ook na vore kom in gefundeerde aanpasbaairheid, en 10. die noodsaaklikheid en relevansie van 'n lewenslange leeringesteldheid vir die volhoubare sinvolle en effektiewe hantering van die sosiale, ekonomiese, morele en godsdienstige probleme van dag na waarde te skat. Geintegreerde assessering Assessering geskied eerstens deur die beoordeling van die eksamenpaneel van die bekwaamheid van die leerder om 'n proefskrif te begin skryf, en daarna deurlopend en geintegreerd deur die promotor gedurende die skryf van die proefskrif. Sodanige deurlopende assessering neem die volgende vorme aan: |
| ARTICULATION OPTIONS |
| Die graad is die hoogste akademiese kwalifikasie wat op die terrein van die regswetenskap behaal kan word. |
| MODERATION OPTIONS |
| Die eksamenpaneel vir die toelatingseksamen word uit kundiges akademici, waarvan ten minste een van buite die Universiteit moet kom, saamgestel. Voorts is ten minste een eksaminator van die proefskrif 'n eksterne deskundige. |
| CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS |
| Assessering en moderering word behartig deur interne en eksterne akademici verbonde aan hiedie en ander erkende tersiere onderwysinstellings plaaslik of in die buiteland, wat oor minstens 'n doktorsgraad beskik. |
REREGISTRATION HISTORY |
| As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. |
| NOTES |
| Die LLD is 'n akademiese kwalifikasie wat daarop gemik is om gevorderde navorsingsvaardigheid te ontwikkel en met 'n proefskrif te demonstreer. |
| LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: |
| NONE |
| PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: |
| This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here. |
| NONE |
| All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source. |