SAQA All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.
SOUTH AFRICAN QUALIFICATIONS AUTHORITY 
REGISTERED QUALIFICATION THAT HAS PASSED THE END DATE: 

Master of Laws 
SAQA QUAL ID QUALIFICATION TITLE
13795  Master of Laws 
ORIGINATOR
University of Potchefstroom 
PRIMARY OR DELEGATED QUALITY ASSURANCE FUNCTIONARY NQF SUB-FRAMEWORK
CHE - Council on Higher Education  HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework 
QUALIFICATION TYPE FIELD SUBFIELD
Master's Degree  Field 08 - Law, Military Science and Security  Justice in Society 
ABET BAND MINIMUM CREDITS PRE-2009 NQF LEVEL NQF LEVEL QUAL CLASS
Undefined  128  Level 8 and above  NQF Level 09  Regular-Provider-ELOAC 
REGISTRATION STATUS SAQA DECISION NUMBER REGISTRATION START DATE REGISTRATION END DATE
Passed the End Date -
Status was "Reregistered" 
SAQA 2663/05  2006-07-01  2009-06-30 
LAST DATE FOR ENROLMENT LAST DATE FOR ACHIEVEMENT
2010-06-30   2013-06-30  

In all of the tables in this document, both the pre-2009 NQF Level and the NQF Level is shown. In the text (purpose statements, qualification rules, etc), any references to NQF Levels are to the pre-2009 levels unless specifically stated otherwise.  

This qualification does not replace any other qualification and is not replaced by any other qualification. 

PURPOSE AND RATIONALE OF THE QUALIFICATION 
1. Om leerders wat reeds oor die LLB-kwalifikasie en die vereiste aantal krediete op die toepaslike vlak beskik, in 'n individuele navorsingsprogram te begelei tot die skryf van 'n verhandeling waarin op die ontwikkeling van navorsingsbekwaamhede gefokus word.

2. Om leerders wat die kwalifikasie in een van die genoemde subprogramme wil verwerf, in te lei in en vertroud te maak met die metode van regswetenskaplike navorsing en hulle toe te rus met gevorderde, gefokusde en geintegreerde kennis en vaardighede wat hulle in staat sal stel om, na gelang van die geval:

2.1 die Arbeidsreg as 'n wetenskap en 'n professie in 'n toepaslike werkomgewing op 'n selfstandige, kreatiewe en verantwoordelike wyse te bedryf;

2.2 strategiese boedelbeplanning as 'n wetenskap en 'n professie in 'n toepaslike werkomgewing op 'n selfstandige, kreatiewe en verantwoordelike wyse te bedryf;

2.3 die reg aangaande die in- en uitvoer van goedere en dienste en die finansiering daarvan as 'n wetenskap en 'n professie in 'n toepaslike werkomgewing op 'n selfstandige, kreatiewe en verantwoordelike wyse te bedryf;

2.4 as kenners van die Publiekreg gesaghebbende advies aan belanghebbendes in die openbare- en privaat sektore te gee oor aangeleenthede van 'n publiekregtelike aard en om die uitwerking van die norme van die publiekreg op die reg as geheel te ekstrapoleer met die oog daarop om 'n bydrae te kan lewer tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse regstelsel. 

LEARNING ASSUMED TO BE IN PLACE AND RECOGNITION OF PRIOR LEARNING 
1. Toelatingsvereistes

'n Professionele Baccalaureusgraad in die regte op NKR-vlak 7, met
minstens 96 krediete op vlak 7.

2. 'n Akademiese keuringsprosedure word toegepas.

3. Erkenning van vorige leer

3.1 Subprogram Arbeidsreg

Relevante ervaring in of opleiding met betrekking tot enige aspek van die Arbeidsreg, soos byvoorbeeld arbeidswetgewing, die vakbondwese, geskilbeslegting en dissiplinere prosedures kan deur die betrokke fakulteits-komitee in aanmerking geneem word vir doeleindes van keuring tot die program.

3.2 Subprogram Boedelreg

Relevante ervaring in of opleiding met betrekking tot boedel en / of finansiele beplanning, of praktykervaring in die beredderingsproses van bestorwe of insolvente boedels kan deur die betrokke fakulteitskomitee in aanmerking geneem word vir doeleindes van keuring vir toelating tot die program.

3.3 Subprogram In-en Uitvoerreg

Relevante ervaring met betrekking tot kontrakte- en kommersiele reg in 'n toepaslike werkomgewing kan deur die betrokke fakulteitskomitee in aanmerking geneem word vir doeleindes van keuring vir toelating tot die program.

3.4 Subprogram Publiekreg

Relevante ervaring in die Staats-, Provinsiale- of munisipale diens, en / of toepaslike indiensopleiding wat daarmee gepaard gegaan het, kan deur die betrokke fakulteitskomitee in aanmerking geneem word vir die doeleindes van keuring vir toelating tot die program.

3.5 Erkenning van vorige leer of toepaslike ervaring kan deur die fakulteitskomitee uit eie beweging of op aansoek deur die voornemende leerder verleen word. 

RECOGNISE PREVIOUS LEARNING? 

EXIT LEVEL OUTCOMES 
1. Algemene Uittreevlakuitkomste

1.1 'n Leerder moet by uittrede uit die program kan demonstreer dat hy/sy vertroud is met die metode van navorsing wat vir 'n meestersgraad vereis word.

1.2 'n Leerder moet by uittrede uit die subprogram in Arbeidsreg kan demonstreer dat hy/sy kennis dra van die gemeenregtelike beginsels en statutere maatreels wat die Suid-Afrikaanse Arbeidsreg beheers en
dit in enige toepaslike beroepsomgewing kan aanwend.

1.3 'n Leerder moet by uittrede uit die subprogram in Boedelreg kan demonstreer dat hy/sy bevoeg is om 'n boedelhouer in die beplanningsproses van laasgenoemde se boedel te begelei en van praktiese, dog wetenskaplik-, professioneel- en eties verantwoorde advies te bedien wat uiteindelik moet kulmineer in die ontwerp, saamstel en skryf van 'n geintegreerde en implementeerbare boedelplan.

1.4 'n Leerder moet by uittrede uit die subprogram in In- en Uitvoerreg kennis van en insig in die regsreels met betrekking tot die internasionale handel kan demonstreer sodat:

1.4.1 'n raamwerk waarbinne internasionale handel moet plaasvind geskep en die verkeer op hierdie terrein sodoende gefasiliteer word.

1.4.2 die internasionale handelsverkeer meer toeganklik gemaak word vir klein sakelui, die informele sektor en boere in landelike gebiede.

1.5 'n Leerder moet by uittrede uit die subprogram in Publiekreg kan demonstreer dat hylsy:

1.5.1 die betekenis van die grondwetlike waardes vervat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van SuidAfrika, 1996 ten opsigte van alle aspekte van die regswetenskap binne die regstaat kan vasstel en toepas.

1.5.2 die grondslae en beginsels van die verskillende publiekregtelike dissiplines beheers en in staat is om dit wetenskaplik na te vors en in die regsverkeer toe te pas.


2. Spesifieke Uittreevlakuitkomste (insluitend kritieke uitkomste)

'n Kwalifiseerder sal by uittrede uit die program, ook met betrekking tot die onderskeie subprogramme, in staat wees om:

2.1 kwalitatiewe en/of kwantitatiewe wetenskaplike navorsing van 'n bepaalde, afgebakende omvang te onderneem om te demonstreer dat hy/sy vertroud is met die metode van navorsing.

2.2 spesifiek met betrekking tot die subprogram in Arbeidsreg in staat wees om:

2.2.1 gevorderde kontekstuele kennis van die beginsels en praktyk van die individuele sowel aas die kollektiewe Arbeidsreg, telkens ook met inagneming van die mees resente ontwikkelings in die regspraak en wetgewing, konsultatief-probleemoplossend as konsultant in die privaat- en / of openbare sector op te tree.

2.2.2 op hoogte te bly met owerheidsbeleid insake arbeidsverhoudinge sodat nuwe of wysigende wetgewing in konteks verstaan en toegepas kan word.

2.2.3 die plek en rol van die Arbeidsreg in die normalisering van die Suid-Afrikaanse samelewing en die uitskakeling van diskriminasie in die werkplek te begryp en na waarde te skat.

2.3 spesifiek met betrekking tot die subprogram in Boedelreg in staat wees om:

2.3.1 krities, kreatief en probleemoplossend te kan dink en handle en as entrepreneur te kan optree.

2.3.2 kennis selfstandig te ontsluit, te versamel, te orden, te integreer en dit krities te evalueer en toe te pas.

2.3.3 kennis wetenskaplik te kan kommunikeer deur effektiewe aanwending van taalvaardighede in mondelinge sowel as skriftelike aanbiedings.

2.3.4 ander kundiges wat 'n rol kan speel of insette kan lewer in die proses van kreatiewe denke en probleemoplossing te identifiseer en in spanverband met hulle saam te werk en indien nodig 'n leiersrol in sodanige samewerking te kan vervul.

2.3.5 die verworwe vakkundige vaardighede in 'n werk-omgewing te kan implementeer en om mense uit verskillende taal-, kulturele, etniese- en religieuse agtergronde te begelei en te adviseer.

2.4 spesifiek met betrekking tot die subprogram in In- en Uitvoerreg in staat wees om:

2.4.1 sodanige insig in die wereld as 'n versameling verwante stelsels te openbaar dat hulle in staat is om transdissiplinere raakpunte in die proses van probleemoplossing te identifiseer en hulle optrede dienooreenkomstig in te rig.

2.4.2 die verworwe vakkundige vaardighede in 'n werksomgewing te implementeer en om mense uit verskillende en uiteenlopende taal-, kulturele-, etniese- en religieuse agtergronde te begelei en te adviseer, gekoppel met 'n kulturele en etiese sensitiwiteit vir die multi-kulturele karakter van die plaaslike-, nasionale en wereldwye gemeenskap.

2.4.3 opvoedkundige en beroepsmoontlikhede te verken met die oog op die ontwikkeling van ondernemersgeleenthede en volgehoue persoonlike ontwikkeling.

2.4.4 ander kundiges wat 'n rol kan speel of insette kan lewer in die proses van kreatiewe denke en probleemoplossing te identifiseer en in spanverband, groepverband, organisasieverband of gemeenskapsverband met hulle saam te werk en waar nodig of toepaslik, 'n leiersrol in sodanige samewerking te kan vervul.

2.5 spesifiek met betrekking tot die subprogram in Publiekreg in staat wees om:

2.5.1 selfstandig die snelle ontwikkelling van die kontemporere Suid-Afrikaanse Publiekreg en die uitwerking daarvan op die res van die regstelsel te kan navors en te vertolk.

2.5.2 die regsvergelykende metode van navorsing in die Publiekreg toe te pas. 

ASSOCIATED ASSESSMENT CRITERIA 
2.1 Demonstreer die vermoe om:
  • 'n relevante, lewensvatbare en uitvoerbare navorsingsonderwerp te identifiseer en dit aan die hand van 'n helder probleemstelling, die ontwikkeling van toepaslike uitgangspunte, veronderstellings en hipoteses, 'n raamwerk vir probleemoplossing daar te stel en dit in 'n geskrewe navorsingsvoorstel te verwoord.
  • deur middel van 'n geskrewe verhandling, of 'n skripsie in 'n subprogram waar van toepassing, te demonstreer dat hy/sy in staat is om:

    - inligting te versamel, te organiseer en dit krities en fundamenteel te ontleed.
    - 'n geintegreerde, kritiese en onbevooroordeelde literatuurstudie te kan skryf en beredeneer om tot wetenskaplik-verantwoorde standpuntstelling, gevolgtrekkings en probleemoplossing te kom.
  • toepaslike vakterminologie te begryp en dit wetenskaplik en taalkundig korrek in die navorsingvoorstel, verhandeling en skripsie te gebruik en te verwoord.

    2.2.1 demonstreer parate kennis van vakterminologie en wetgewing, gekoppel met die vermoe om na aanleiding van gegewe scenario's feitestelle en gevalle-studies strategiee vir probleemoplossing krities te ontleed, te bedink en konkreet toe te pas.

    2.2.2 demonstreer die vermoe om beleidsaankondigings, standpuntstellings, konsepwetgewing en kommentaar daarop vanuit die toepaslike sektore en deur verskillende rolspelers te interpreteer, te evalueer te antisiperend met die oog op toekomstige scenario's pro-aktief te verreken.

    2.2.3
  • demonstreer insig in en kennis van die wyse waarop die bepalings van artikel 23 van die Grondwet in partikuliere Arbeidswetgewing gekonkretiseer is en hoe dit in die praktyk deur forums soos die KVBA, Bedingingsrade en die Arbeidhof toegepas en afgedwing word.
  • demonstreer kennis van en insig in die samestelling, jurisdiksie en werkswyse van die genoemde forums, asook van alternatiewe metodes van arbeidsgeskilbeslegting en die vermoe om dit in die praktyk toe te pas en geskille tussen opponerende partye op te los.

    2.3.1 demonstreer die vaardigheid om doeltreffend met 'n boedelhouer te konsulteer.

    2.3.2 demonstreer die vermoe om die boedelhouer se vermoensposisie ooreenkomstig tersaaklike regsbeginsels te ontleed en hom/haar te adviseer oor die strategiese beplanning van sy/haar boedel.

    2.3.3 demonstreer die vermoe om aan die gegewe advies gevolg te gee deur dit in die vorm van 'n gedokumenteerde boedelplan aan die boedelhouer voor te le.

    2.3.4 demonstreer die vermoe om die transdissiplinere karakter van strategiese boedelbeplanning in die praktyk te konkretiseer deur in gevalle van komplekse en/of gediversifiseerde boedels ander regslui wat op bepaalde toepaslike terreine spesialiseer en/of ander gespesialiseerde kundiges soos rekenmeesters, makelaars, finansiele deskundiges en versekeraars te identifiseer en waar nodig in 'n beplanningspan te organiseer.

    2.3.5 vertoon aanpasbaarheid en die vermoe om strategiese boedelbeplanning in 'n verskeidenheid van werkomgewings te bedryf met demonstrasie van toepaslike kennis en vaardighede om beplannings-behoeftes wat met spesifieke individuele en gesinsomstandighede van verskillende bevolkingsgroepe verband hou, te hanteer.

    2.4.1 demonstreer insig in die transdissiplinere aard van handelsaktiwiteite met betrekking tot die in- en uitvoer van goedere en dienste oor nasionale grense en die vermoens en vaardighede om probleemareas te identifiseer, te evalueer en strategiee te ontwikkel en toe te pas om dit doeltreffend te oorbrug.

    2.4.2 demonstreer aanpasbaarheid, kundigheid en vaardighede om entrepreneurs en voornemende entrepreneurs op alle vlakke en uit alle gemeenskappe te adviseer, te bemagtig en te begelei met betrekking tot die tersaaklike regsaspekte wat in verband staan met die uitvoer oor landsgrense van goedere wat hulle produseer of dienste wat hulle entrepreneurs in die buiteland kan lewer, of wat hulle tot voordeel van hulle eie ondernemings wil invoer.

    2.4.3 demonstreer die vermoe om die kennis en vaardighede wat in bovermelde aktiwiteite ontsluit word te gebruik om nuwe ondernemings-geleenthede te identifiseer, te evalueer en te benut, en waar toepaslik vennootskappe of ander ondernemingsvorme saam met buitelandse ondernemers te bedryf.

    2.4.4 demonstreer voldoende transdissiplinere kennis en insig om in die advisering, bemagtiging en leiding aan entrepreneurs soos hierbo bedoel, waar nodig ander kundiges soos bankiers, finansiers, versekeraars en inligtingkundiges te identifiseer en hulle individuele of kollektiewe kundigheid vir probleemoplossing en die verkenning van entrepreneursmoontlikhede aan te wend en hulle waar nodig in spanverband te organiseer en die leiding in die groepwerksaamhede te neem.

    2.5.1
  • demonstreer die vermoe om die bronne van die publiekreg te vind, ook soos wat dit vermeld is in die grondwetlike en ander publiekregtelike regspraak en nuwe toepaslike wetgewing wat sedert 1994 aangeneem is.
  • demonstreer die vermoe om die kennis wat deur bogemelde aktiwiteite bekom is, in toegepaste vaardighede te konkretiseer vir die identifisering, evaluering en oplossing van publiekregtelike problematiek op die nasionale-, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke.
  • demonstreer die vermoe om sinvol met publiekregkundiges saam te werk en die tersaaklikheid van uiteenlopende gegewens wat vir die publiekreg relevant is, te integreer en selfstandige standpunte daaroor in te neem.

    2.5.2 Demonstreer die vermoe om regsvergelykende materiaal wat in die gedoseerde modules voorgeskryf word, selfstandig te verwerk en te integreer en waar die skripsietema dit vereis, moet die kwalifiseerder demonstreer dat hy/sy selfstandig regsvergelykende navorsing kan doen ter voldoening aan die vereistes vir 'n skripsie soos in 2.1 hierbo uiteengesit.


    Geintegreerde assessering

    Assessering is deurlopend geientegrerende om die volgende vorm aan:
  • Alvorens die leerder toegelaat word om met die navorsing vir en die skryf van die verhandeling voort te gaan, word 'n leesprogram deur die leerder in samewerking met die studieleier oor 'n hoofvak en twee aanverwante byvakke wat op die navorsingstema betrekking het, saamgestel.
  • Die leerder Ie 'n mondelinge eksamen voor 'n eksamenpaneel af met besondere verwysing na die leesprogram waartydens die leerder voldoende kennis van en insig in die vakgebied en verwante temas waaroor die voorgestelde navorsing handel, moet demonstreer.
  • As 'n alternatief tot die mondelinge eksamen, kan toepaslike skriftelike vraestelle afgeneem word soos deur die Fakulteitsraad goedgekeur.
  • Nadat die verhandeling onder die leiding en toesig van die studieleier geskryf is, word dit met die toestemming van die studieleier vir formele eksaminering deur eksaminatore wat benoem word ooreenkomstig die kriteria in 10 hieronder uiteengesit.
  • Die eksaminatore skryf afsonderlike formele verslae wat saam met 'n samevattende verslag wat deur die studieleier opgestel is, aan die Fakulteit se eksamenkomitee en die Fakulteitsraad voorgele word vir finale beoordeling en beslissing of al die uittreevlakuitkomste bereik is en die leerder as kwalifiseerder uit die program mag tree aldan nie.
  • Ten opsigte van die subprogramme moet skriftelike werkstukke oor voorgeskrewe onderwerpe ten opsigte van elkeen van die gedoseerde modules ingehandig word vir evaluering en terugvoering aan die leerder.
  • Verpligte werkstukke oor voorgeskrewe onderwerpe moet ten opsigte van elkeen van die gedoseerde modules ingehandig word vir evaluering en terugvoering aan die leerder.
  • Die opstel en aanbieding van 'n volledige, geintegreerde boedelplan vir 'n bepaalde boedelhouer gebaseer op 'n feitestel / gevallestudie wat in seminaarsessies bespreek, ontleed en geevalueer word, met
    terugvoering aan die leerder.
  • Die opstel en aanbieding van regsmenings oor gegewe onderwerpe.
  • Terugvoering word aan die leerder gegee oor die relevansie van sy / haar voorgestelde navorsingstema en die kwaliteit van sy / haar geskrewe navorsingsvoorstel vir die skryf van die vereiste verhandeling of die skripsie, na gelang van die geval.
  • Samesprekings tussen die leerder en die studieleier oor die praktiese aspekte rakende die implementering van die navorsingsplan en die daadwerklike skryf van die skripsie of verhandeling.
  • Mondelinge en skriftelike terugvoer deur die studieleier aan die leerder oor die verhandeling of die skripsie, na gelang van die geval.
  • Selfevaluering deur die leerder.
  • Reflektiewe besprekings oor module-uitkomste tydens seminaar-besprekings in die gedoseerde subprogramme.
  • Formele assessering deur skryf van eksamenvraestelle in die verpligte modules van die subprogramme en finale eksaminering van die skripsie deur interne en eksterne eksaminatore wat benoem is ooreenkomstig die kriteria in "Kriteria vir die registrasie van assessors" uiteengesit. 

  • ARTICULATION OPTIONS 
    1. Hierdie kwalifikasie verleen toegang na die LLD- of PhD-graad op NKR vlak 8 aan die PU vir CHO en moontlik ook aan ander universiteite wat soortgelyke kwalifikasies aanbied.

    2. Leerders wat in die subprogramme in Boedelreg of In- en Uitvoerreg nie die vereiste skripsie voltooi nie, kan na suksesvolle afhandeling van die verpligte gedoseerde modules en voldoening aan die module-uitkomste uittree met 'n nagraadse diploma in Boedelreg of in In-en Uitvoerreg, na gelang van die geval. Sodanige uittrede word deur die Fakulteitsraad oorweeg op grond van 'n gemotiveerde aansoek deur die leerder. 

    MODERATION OPTIONS 
    Daar word vir elke eksamen interne eksaminatore en interne moderatore deur die Fakulteitsraad benoem. Eksterne eksaminatore word op grond van besondere kundigheid benoem soos hierbo uiteengesit. 

    CRITERIA FOR THE REGISTRATION OF ASSESSORS 
    Assessering en moderering sal behartig word deur interne en eksterne akademici verbonde aan hierdie of ander erkende tersiere onderwys-instellings, plaaslik of in die buiteland, wat oor minstens 'n Magister-kwalifikasie maar verkieslik oor 'n doktorsgraad beskik, of deur professionele persone in die geval van die subprogramme, soos byvoorbeeld ervare spesialispraktisyns op die toepaslike terreine (prokureur of advokaat) en wat ook oor minstens 'n Magisterkwalifikasie beskik. 

    REREGISTRATION HISTORY 
    As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006. 

    NOTES 
    Die LLM is 'n kwalifikasie wat daarop gemik is om gevorderde navorsings-vaardigheid te ontwikkel wat met 'n verhandeling gedemonstreer word. Dit kan ook as 'n gefokusde kwalifikasie in 'n subprogram verwerf word in Arbeidsreg, Boedelreg, In- en uitvoerreg of Publiekreg, deur die skryf van 'n skripsie en die afle van eksamens in voorgeskrewe gedoseerde modules. 

    LEARNING PROGRAMMES RECORDED AGAINST THIS QUALIFICATION: 
     
    NONE 


    PROVIDERS CURRENTLY ACCREDITED TO OFFER THIS QUALIFICATION: 
    This information shows the current accreditations (i.e. those not past their accreditation end dates), and is the most complete record available to SAQA as of today. Some Primary or Delegated Quality Assurance Functionaries have a lag in their recording systems for provider accreditation, in turn leading to a lag in notifying SAQA of all the providers that they have accredited to offer qualifications and unit standards, as well as any extensions to accreditation end dates. The relevant Primary or Delegated Quality Assurance Functionary should be notified if a record appears to be missing from here.
     
    NONE 



    All qualifications and part qualifications registered on the National Qualifications Framework are public property. Thus the only payment that can be made for them is for service and reproduction. It is illegal to sell this material for profit. If the material is reproduced or quoted, the South African Qualifications Authority (SAQA) should be acknowledged as the source.